johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

MY KLEINKINDERS SE FRANSE HUGENOTE VERBINTENIS

Die eerste Gereformeerde gemeente in Frankryk het reeds in 1545 ontstaan. Daarna begin die vervolging van die Protestante deur die Rooms-Katolieke, maar ten spyte daarvan ontstaan daar ook ander gemeentes. In ‘n stryd om politieke regte, ook deur die Protestante, ontstaan die Edik van Nantes in 1598 waar voorsiening gemaak word vir albei groepe binne één koninkryk. In 1685 word die Edik van Nantes herroep en die vervolging van die protestante word nou op ‘n wreedaardige wyse voortgesit. Die Hugenote begin verlaat Frankryk in groot getalle. Hulle versprei oor die hele wêreld en hier in Suid-Afrika sou ook ‘n klompie Hugenote hul kom vestig.

Die eerste groep Hugenote kom in April 1688 in die Kaap aan. Die twee broers, Pierre en Estienne CRONIER/CRONJE, sou eers heelwat later hier aankom. Op 25 Mei 1698 vertrek die boot, Driebergen met Pierre en Estienne asook ander Franse Hugenote uit Nederland en kom op 3 September 1698 aan in Tafelbaai.

Dit word algemeen aanvaar dat die twee broers, Pierre en Estienne, uit Normandië gekom het. Van huis uit was hulle Katolieke, maar voor hul vertrek na die Kaap het hulle Calviniste geword. Pierre het op 22 Januarie 1698 en Estienne het op 7 Augustus 1697 by die Protestantse Kerk aangesluit.

Estienne het die plase Champagne en Olyvenhout naby Wellington gekry. Hy is ongetroud op 2 September 1724 oorlede, sodat al die CRONJE’s van Pierre afstam.

Pierre CRONIER/CRONJE * c. 1671 trou in 1709 met Susanna TAILLEFERT * c. 1685, dogter van Isaak TAILLEFER en Suzanna BRIET van Frankryk en uit hul huwelik word 6 kinders gebore, naamlik:

Maria CRONJE

Elizabeth CRONJE

Pierre CRONJE

Anna CRONJE

Izaak CRONJE

Magdalena CRONJE

Pierre CRONIER/CRONJE, die stamvader van die CRONJE’s van Suid-Afrika sterf op 20 September 1718 en sy vrou Susanna TAILLEFERT sterf op 13 Februarie 1724.

Hul seun Pierre CRONJE trou 19 Mei 1741 met Susanna ROI, dogter van Jean ROI en Maria LE FEBRE en 8 kinders word uit die huwelik gebore waaronder Johannes (Jan) CRONJE.

Johannes (Jan) CRONJE trou op 24 Desember 1775 met Johanna Magdalena STRYDOM, dogter van Johannes STRYDOM en Maria NORTJE. Uit hierdie huwelik word 6 kinders gebore waaronder Petrus Johannes CRONJE * c. 1794.

Petrus Johannes CRONJE trou op 25 Oktober 1829 met Johanna Susanna SPIES, dogter van Barend Christoffel SPIES en Maria Elizabeth VOSLOO. Uit hul huwelik word 5 kinders gebore waaronder Johannes/Jan Abraham CRONJE * 17 Desember 1831.

Johannes/Jan Abraham CRONJE trou op 23 Februarie 1857 met Johanna Dorothea BOTHA * 30 November 1837, distrik George en dogter van Marthinus Christoffel BOTHA en Elizabeth Margaretha KOEN. Uit hul huwelik word 8 kinders gebore waaronder Gerhardus Johannes Botha CRONJE * 4 Augustus 1868 te George.

Gerhardus Johannes Botha CRONJE trou op 11 Maart 1889 met Maria Magdalena Johanna CRAUSE *25 April 1872, George en dogter van Frans Johannes CRAUSE en Anna Jacoba BOSHOFF. Uit hul huwelik word 10 kinders gebore waaronder Gerzina Magrietha CRONJE * 19 Januarie 1902 te Reitz, Vrystaat.

Gerzina Magrietha CRONJE trou op 27 Februarie 1923 te Herold, distrik Oudtshoorn met Petrus Johannes CLAASSEN * 3 April 1900 te Oudtshoorn en seun van Nicolaas Johannes CLAASSEN en Sophia Elizabeth GERBER. Uit hierdie huwelik word 10 kinders gebore waaronder Petrus Johannes CLAASSEN * 23 Mei 1932 te Herold, distrik Oudtshoorn .

Petrus Johannes CLAASSEN trou met Mona Marjorie WATERSON * 18 Desember 1935 te Mosselbaai , dogter van Henry John Waterson en Petronella Hendrina POZYN. Uit hierdie huwelik word 6 kinders gebore waaronder Johannes Henry Claassen * 15 September 1954 te Oudtshoorn.

Johannes Henry Claassen trou op 12 Augustus 1978, te Viljoenshof, distrik Bredasdorp met Estelle VICTOR * 11 Augustus 1956 te Parow, dogter van Jacobus Adriaan VICTOR en Olive Grace JAMES. Uit hierdie huwelik word 3 kinders gebore, naamlik:

Olive Margorie CLAASSEN * 14 September 1981 te Worcester

Petrus Johannes CLAASSEN * 19 Augustus 1983 te Worcester

Loreen CLAASSEN * 27 November 1987 te Worcester.

Die dogter van Olive Margorie CLAASSEN en Robert BRINK, seun van Cornelis Mattheus BRINK en Etrecia Doulina BIANCO is Allana BRINK * 6 September 2007 te Paarl.

Die dogter van Petrus Johannes Claassen en Johanna Catharina Louisa McHALE, dogter van Keith McHale en Johanna Catharina OBERHOLZER is Guenevere Olivia CLAASSEN * 12 Januarie 2010 te Paarl.

Hierdie genealogiese uiteensetting is saamgestel deur Johannes Henry CLAASSEN op 13 September 2010 te Paarl.

* = gebore

Advertisements

Single Post Navigation

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: