johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Henry John WATERSON ~ ‘n Kort Lewenskets.

Henry John Waterson gedurende WWII in sy uniform

Dit is reeds vir jare dat ek besig is om navorsing oor die WATERSON familie te doen en dan meer spesifiek oor die herkoms van my oupa, Henry John WATERSON van Mosselbaai. In hierdie stadium is slegs die naam van sy moeder bekend, naamlik Mary Ann WATERSON.

Telkens, wanneer ek iets nuuts oor Henry ontdek het, het ek dit volledig aangeteken in die hoop dat dit uiteindelik sal bydra om die legkaart te voltooi. Derhalwe word hierdie stukkie uiters waardevolle inligting aangebied in ’n paar toegeligte paragrawe. Dit handel oor ’n tydperk in sy lewe, tóé al ’n gesinsman met ’n vrou en vyf kinders in die huis maar ook oor ’n tydperk in die land se geskiedenis wat mens liefs sou wou vergeet.

Na etlike jare van soek en nogmaals soek, kon ek die dokumente wat handel oor my oupa se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, in die hande kry. Hierdie dokumente is in meer as een opsig waardevol aangesien dit hieruit blyk dat hy in George gebore is en nie in Mosselbaai soos algemeen aanvaar is nie. Dit het my navorsing ’n totaal nuwe dimensie gegee.

Henry John WATERSON is gebore op 22 Maart 1900 te York straat, George.  Niks is bekend van sy grootwordjare nie en die eerste keer  waar hy weer  ‘op rekord’ verskyn,  is wanneer hy met Petronella Hendrina Pozyn in die huwelik tree. Uit die huwelik word 7 dogters en 5 seuns gebore. Drie van die kinders sterf voordat hulle twee jaar oud  word; die een weens verdrinking in die see, ’n paar treë  van sy ouerhuis.

In 1939 breek die tweede wêreldoorlog uit, maar dit sou eers in 1942, op 42-jarige ouderdom wees wat Henry John homself beskikbaar stel om aan die oorlog deel te neem. Talle mans van sy ouderdom en selfs ouer, het hulle onder voorwendsel van ’n beter lewe daarna, aangemeld vir diens. Of dít Henry John se motivering was om te gaan deelneem, sal ons nooit weet nie.

Op 14 Maart  1942 doen hy skriftelik aansoek by die plaaslike kantoor van die Unie Verdedigingsmag op Mosselbaai. Hy dui aan dat hy op George gebore is en dat hy as arbeider by die munisipaliteit op Mosselbaai werksaam is.

Nadat hy die aansoek ingedien het verloop daar slegs 10 dae voordat hy by die Kasteel in Kaapstad op 24 Maart 1942 aanmeld waartydens hy geattesteer word as ’n vrywilliger wat bereid is om enige plek in Afrika diens te doen. Hy verklaar vêrder plegtig dat hy getrou sal wees teenoor sy majesteit koning George VI  en sy erfgename en opvolgers.

Interessante inligting kom te voorskyn uit die attestasie, naamlik dat hy 5voet 5duim lank was, grys oë gehad  het, 127pond geweeg het , sy borsmate 33duim was en sy hare swart was. Sy handtekening verskyn onder aan die dokument.

Handtekening van Henry John Waterson

Met die plasing van sy handtekening en die neem van die Eed, raak hy lid van die 2de bataljon van die 1ste Reserwe Brigade. Die 2de Bataljon het bekend gestaan as die Cape Peninsula  Rifles.

Dis nie duidelik uit die dokumente presies waar Henry John diens gedoen het nie, hoewel dit melding daarvan maak dat hy in ’n stadium by die Disp. [Dispensation] Depot by die Pretoriase skouterrein was. Dit word ook duidelik aangetoon dat hy aan geen veldtogte deelgeneem het nie en dat sy mediese klassifikasie van ‘class c2’ na ‘class c3’ gedegradeer is weens ‘deafness and hysteria’.

Weens sy mediese toestand word hy op 28 Oktober 1943  eervol ontslaan met volle voorregte.

Twee medaljes word aan hom toegeken, naamlik die Oorlogsmedalje (1939-1945) en die Afrika Diens Medalje

Medalje 1

Oorlogsmedalje (1939-1945)

Die 1939 – 1945  Oorlogs Medalje is ’n sirkelvormige medalje en is vervaardig uit kopernikkel. Die medaljes wat aan Kanada uitgereik is, is van silwer vervaardig. Dit is 1.4” in deursnee.

Aan die voorkant is ’n muntstempel beeld van Koning George VI wat na links kyk en die opskrif GEORGEIVS  VI  D: BR: OMN: REX ET INDIAE IMP:.  Die agterkant vertoon ’n leeu wat bo-op  ’n draak staan. Die draak het twee koppe. Een is die van ’n arend en die ander van ’n draak.. Dit verteenwoordig onderskeidelik die Westerse en Oosterse vyande. Aan die bokant daarvan is die datums 1939 en 1945.

Die medalje is op 16 Augustus 1945 ingestel.

Daar is verskeie vereistes wat aan die ontvanger van die medalje gestel word. Dit is onder andere toegeken aan diegene wat ook die 1939 – 1945  Ster ontvang het. Die ontvanger moes ’n minimum van 28 dae operasionele/ nie-operasionele diens gedoen het.

Die Oorlogs medalje uitgereik aan die Britse Magte was nie amptelik betitel nie, maar die wat aan die Suid-Afrikaanse- en Australiese magte uitgereik is, is wel amptelik betitel.

Die ontvanger se naam is op die rand van die medalje gegraveer.

Die Lint is 1.25” breed en is rooi, wit en blou met ’n nou rooi streep in die middel met ’n nou wit streep weerskante daarvan. Twee breë rooi strepe is op al twee buitekante met twee blou strepe tussenin.

Medalje 2

Afrika Diens Medalje

Die Afrika Diens Medalje is ’n sirkelvormige medalje wat van silwer vervaardig is.

Aan die voorkant is die kaart van Afrika en rondom die kaart die inskrywing Afrika Diens Medalje  Africa Service Medal. Aan die agter kant is ’n springende springbok.

Dit is in 1943 ingestel en toegeken aan alle lede van die Unie van Suid-Afrika se verdedigingsmagte wat deelgeneem het aan operasionele diens as voltydse vrywilliger vir ten minste 30 dae diens tot en met 13 Mei 1943(die dag wat Afrika skoon verklaar is van die vyand).

Die naam van die ontvanger is op die rand van die medalje gegraveer.

Die Lint is 32 mm breed met ’n oranjekleurige baan in die middel. Weerskante daarvan is ’n 3mm groenkleurige baan aan die buitenste rand en ’n 3mm goudkleurige baan aan die binnekant.

Die groen en goud verteenwoordig die Springbok kleure van die Unie van Suid-Afrika.

Petwapen van die 1st Reserve Brigade

Na ’n kort siekbed sterf Henry John WATERSON op 15 September 1959 te Mosselbaai.

Short history of the 1st Brigade and the 2nd Battalion

During the first two years of the World War II, South Africa raised a variety of military units. In order to cope with protection of vulnerable points and guarding prisoners of war, the First Reserve Brigade was formed on 29 February 1940 initially with six battalions but later expanded to twelve battalions before being broken up at the end of 1943.

The First Reserve Brigade was a South African second-line military unit raised in 1940, with brigade headquarters in Johannesburg under Colonel T Scott, who died in August 1941. He was succeeded by Colonel BC Judd OBE. The brigade drafted men of ‘B’ and ‘C’ Medical Categories primarily for guard duties at aerodromes. Ex-servicemen and others above the age of 35 but under 60 were accepted, and the brigade was run on a normal Active Citizen Force basis or fulI-time, as authorised. Detachments of the 1st Special Service Reserve Battalion were absorbed as fulI-time companies or platoons. On 11 July 1940 the SA Internment Battalion was absorbed and redesignated 6th Battalion, 1st Reserve Brigade, with Lt-Col Whelehen as battalion commander. Its primary responsibility was the security of internment camps at Baviaanspoort, which had 150 guards.

The brigade was organised with the 1st Battalion (the former 1st Special Service Reserve Battalion) in the Transvaal, with headquarters at Roberts Heights the 2nd Battalion in the Western Cape Province with its headquarters in Cape Town, the 3rd (Durban) in Natal, the 4th (Johannesburg) on the Witwatersrand and in the Orange Free State and the 5th (East London) in the Eastern Cape Province. Later battalions were the 7th, in the Kimberley district and the Orange Free State, and the 8th, on a basis similar to that of the 6th.

By 1942, after 2,800 men out of a total of 6,061 had been reclassified and transferred to other units, the brigade organisation was dissolved

The following year four more battalions were formed, some serving in North Africa, while the 1st, 4th, 5th and 8th Battalions were broken up.

Battalion commanders up to 1943 were:

  • 1st: Lt-Col G Allen MC
  • 2nd: Lt-Col EW Woon DSO MC
  • 3rd: Lt-Col J. Lauth DSO VD
  • 4th: Lt-Col G. Durham, DSO ED
  • 5th: Lt-Col JM Grant
  • 6th: Lt-Col F Morland MC
  • 7th: Lt-Col HF Champion AFC
  • 8th: Lt-Col HF Prinsloo

The Cape Peninsula Rifles were originally raised in 1902 as a Town Guard in Cape Town and regimented as a Volunteer Unit in 1903. They wore practically the same uniform as the King’s Royal Rifles. In 1913 they became the 9th Infantry ACF and were disbanded in 1926. In 1941 the 1stBrigade took over the title.

Skouer kenteken van die Cape Peninsula Rifles

Bronne

Waterson, Edward – foto en medaljes van Henry John Waterson

Claassen, Johann H., Ongepubliseerde Familie navorsing

Departement van Verdediging, Pretoria

Waterson, Alen

Kriek (nee Waterson), Eileen

www. ww2awards.com

      © 2011 Johann H Claassen

Advertisements

Single Post Navigation

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: