johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Moedersdag 2011 ~ met ma was dit net anders…

Moeder c. 1953. Mosselbaai.

 

Met ma was dit anders. Sommer net anders. Voor, tydens en na die begrafnis het ek loop en grappe maak. Want dis hoe ma was. Altyd vol grappies. Nie eens die dominee sou daar wegloop voordat sy nie vir hom ’n grappie vertel het nie. Na afloop van die begrafnis bevestig die dominee dat dit ook die geval was slegs ’n week voor haar oorlye.

Na sy verlam geraak het van wat die dokters gedink het is ’n beroerte en toe altyd die kanker was, was sy vasbeslote. Sy sou nie gaan lê nie. Steeds skelm gerook. ’n Dop ook gevat met die braaiery saam. En dis die een grap op die ander. En almal was gelyk voor haar. Geen witbroodjies nie. Ewe lief vir al  ses ons maaksels.

En hoe het ons haar kosmakery nie gemis nie! As sy besig was met groente skil, moes jy ’n entjie wegstaan want sien, soos sy skil, praat sy en beduie met die mes in alle windrigtings. Jy kon straks seerkry tydens hierdie sessies. En die diere. Hoekom was hulle so lief vir haar? Wát het hulle gesien en gevoel! Selfs ’n volstruiseier onder ’n koekoek hennetjie laat uitbroei! En die ding grootgemaak!  Nooit, maar nooit,  die vleis geëet van die diere wat pa gejag het nie. Sy sou dit voorberei, maar eet, uh-uh.

So lojaal teenoor pa, selfs in minder gunstige omstandighede. Die keer met die plaas-toe-trekkery. Na ’n huis sonder krag en warm water. Paraffien strykysters, lampe en kerse. Met die jongste enetjie slegs drie maande. En almal wil eet. Op tyd. Alles moet reg wees. Altyd.

Riaan die jongste, bel my. Hy sê ma is nou net weg. Ek staan in die winkel, die telefoon in my hand en die vrou voor die toonbank vra: “Weet u dalk waar AVBOB geleë is …?” En ek vergeet skoon om te huil. Ek dag dis  ’n  prank  wat ma op my getrek het…

 
Berig in die Oudtshoorn Courant c. 1972

'n Lewe afgehandel - met 'n stempel. 2002

Advertisements

Single Post Navigation

4 thoughts on “Moedersdag 2011 ~ met ma was dit net anders…

  1. Martie Coetser-Pozyn on said:

    Ai, Johan, ‘n moeder trap nou maar een maal die diepste spore in ons harte. Hierdie essay van jou weerkaats jou liefde vir jou ma baie duidelik. En ja, hoewel sy weg is in wat ons Realiteit noem, leef sy steeds in jou hart en méér werklik as ooit van te vore.

  2. Dis soos ek haar ook onthou. Haar lewe was te kort. Sou so graag wou hê sy moes vir Allana en Guenevere ook grappies vertel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: