johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Ebenezer WARNER

Hoofstuk 1 – Op die spoor van die WARNER familie

Ebenezer WARNER en sy gesin het op 26 Maart 1820 as deel van die Clark-groep met die skip, Northampton in Tafelbaai en op 30 April 1820 in Algoa Baai (Port Elizabeth)aangekom. Hierdie skip het op 13 Desember 1819 vanaf Gravesend, Kent , Engeland vertrek nadat hulle by Deptford aanboord gegaan het.

Aanduiding waar Deptford en Gravesend geleë is in Engeland.

Ebenezer WARNER was ten tyde van sy aankoms ‘n 28 jarige getroude man. Sy vrou Louisa Danil McCALL en hul twee seuns Thomas 10jr en William 4jr, het hom vergesel. Sy beroep was aangedui as Husbandman (landbouer).

Die Clark’s Party was gelei deur ‘n geneesheer van Londen, William Clark van 19 Nelson street, Commercial road, London. Aanvanklik sou hy deel wees van die Bailie’s Party maar sy aansoek is geweier. Daarop het hy aansoek gedoen om 33 mans en hul families na Suid-Afrika te bring. Hy reël toe vir ‘n groep jong mans van die Refuge for the Destitute in Hoxton, London en wie reeds hul uitrusting en deposito’s betaal het om onder sy beheer na Suid-Afrika te vertrek. Hierdie aansoek van hom word toe goedgekeur op aanbeveling van die goewerneur van die Refuge for the Destitute, Robert Crosby en die deposito’s was betaal vir die 31 man.

John Brown, ‘n visserman en handelaar en John Stubbs ‘n landbouer van Bloomsbury, London, gooi toe hul gewig in by Clark nadat ‘n aantal van laasgenoemde se groep hulself onttrek het. Clark se groep het uiteindelik bestaan uit homself en nege mans met hul families wat hul eie deposito’s betaal het asook elf mans en ‘n seun wat in Clark se diens was en wat hoofsaaklik deur die Refuge for the Indigent geborg was. Stubbs en Brown het agt mans met hul families en ‘n weeskind in hulle groep gehad.

Die omgewing waar die Warner familie hulle aanvanklik gevestig het.

Met hul aankoms in Algoa Baai het die groepe van mekaar afgeskei in twee kleiner groepe, naamlik Clark se groep wat hulle gaan vestig het aan die mond van die Botha rivier en Brown en Stubbs se groep, waarvan Ebenezer WARNER deel was, het hulle gevestig by Clay Pits noord-oos van die Kap rivier.

 

Inligting verkry uit M.D.Nash se boek, The Settler’s Handbook.

© 2011 Johann H Claassen

Advertisements

Single Post Navigation

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: