johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Kort Geskiedenis van die Aladdin Lamp

1907 Victor Johnson stig die Western Lighting Company (moontlik ‘n afdeling van die Connecticut Trading Company)om die Duits-vervaardigde Practicus brander op die Amerikaans-vervaardigde ‘bakwerk’, te bemark. Die lampe se ‘bakwerk’ was deur die Plume & Atwood Company vervaardig.
1908 Mantle Lamp Co. word gestig in die VSA. Verkoop Practicus lampe.

Advertensie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1909 Model 1 word bekend gestel.
1910 Eerste twee Kanadese kantore word geopen.
1911 Eerste patent op die sakkie (mantle).Model B Nr B-121

1913 Die eerste pit skoonmakers word bekend gestel
1915 Die Model 6, die eerste vloerlamp, word bekend gestel
1915 Die Model 6, vloerlamp word Aladdin se eerste elektriese lamp
1915 Model 6 wen ’n goue medalje by die wêreld tentoonstelling
1917 As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog en die VSA se betrokkenheid, word sekere onderdele van die lampe onverkrygbaar en sekere handelaars moet hulle deure toemaak.
1917 ’n Heel nuwe ontwerp vir die Model 7 van Aladdin word bekend gestel.
1917 Eerste insekte skerm word bekendgestel.
1917-18 Gedurende hierdie jare word sekere patente uitgevaardig wat die Aladdin lamp uniek van ander lampe maak.
1918 Aladdin verkry die patent vir die nr. 6 brander en ander maatskappye moet hul produksie daarvan staak.
1919 Aladdin Industries Ltd. In Engeland word gestig
1919 Aladdin Industries gestig om vakuum bottel produkte te vervaardig.
1921 Model 10 se eerste versterkte pit word bekend gestel.
1924 Aladdin Industries Ltd Australië word gestig

1926 Lippincott Glass Company word deur Alladin oorgekoop.
1928 Aladdin se eie vervaardigde glas beskermers kom op die mark.
1928 Eerste papier skerms.
1930 Produksie van elektriese lampe begin.
1943 -1945 Gedurende dié jare word geen koper lampe vervaardig nie
1952 Die laaste vloerlamp word vervaardig.
1984 Aladdin se fabriek in Kanada sluit

Insek skerm

 

 

 

 

 

 

 

 

Gedurende 2011 skenk Boet Saayman van Riversdale ‘n model nr. 21 aan my (sien foto hiernaas)IMG_1248

Onderaan die lamp se voetstuk is die volgende woorde gegraveer:
Lila Gerber gebore Claassen 29.4.1919 – 24.1.1998. Vermoor op Herbertsdale.
So goed soos sy was en mededeelsaam teenoor andere, het sy vir ‘n skynbaar honger man voedsel aangebied toe hy haar daarom gevra het. Net om agter haar die huis in te glip en haar in haar eie huis koelbloedig
te vermoor.

Hieronder volg nog foto’s van die lamp.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

IMG_1250

IMG_1249

IMG_1251

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Single Post Navigation

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: