johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Archive for the category “Paarl”

Holy Trinity Church, Main road, Paarl, South Africa.

978 Holy Trinity church

 Foto: Gribble versameling – Drakenstein Heemkring

IMG_0235

IMG_0236

IMG_0233

IMG_0232

IMG_0228

IMG_0231

IMG_0230

IMG_0229

 

IMG_0234

Beautiful building next to the church

Ou Geboue in die Paarl–‘n paar kosbare sketse.

Die Paarl is bekend vir sy pragtige historiese geboue en net in die Hoof straat alleen, is meer as 200 bewaringswaardige geboue. Ek bied hiermee foto’s van ‘n paar sketse soos dit verskyn in die Paarl 300-brosjure.

De Woning - David Botha_

Holy Trinity Anglikaanse kerk - Christof Albertyn

Huis de Villiers - Desiree Picton-Seymour

Huis Gideon Malherbe - huisves nou die Afrikaanse Taalmuseum -  Desiree Picton-Seymour

Huis Wolfaardt - David Botha

La Rochelle koshuis - Christof Albertyn

Lutherse kerk - Christof Albertyn

Moskee in Breda straat - Christof Albertyn

New Orleans-Plaashuis - Desiree Picton-Seymour

Patriotgebou - Desiree Picton-Seymour

Protea bioskoop - nou AGS kerk - Christof Albertyn

Sinagoge - Christof Albertyn

Strooidakkerk - Christof Albertyn

Pêrel van die Boland – die mooi en die lelik.

Die agterkant van Clift Granietwerke. Reeds meer as 100 jaar aan die werk! Let op  die woorde, Zuider Paarl.

Elke stasie het een

Noorder Paarl begraafplaas
Image

Ou Hof straat Gevangenis

Die Western Province Tobacco Growers Co. Ltd. – gebou. Opgerig in 1929. Tabak straat

Ou Barclays Bank-gebou

C Goss General Dealer. Naby die Paarl stasie.

Paarl Hotel. Naby die Paarl stasie. In die ou dae ‘n spoggerige een. Met ‘n bietjie verbeelding, gekap en verf, kan dit weer mooi lyk. Die bome is reeds lankal daar en daar is genoeg ruimte vir stoeltjies, tafeltjies en kelnerinne met Franse kleertjies…

Was dit nie vir Coke nie… Naby die Paarl stasie.

Paarl Stasie, Een van drie stasies in die Paarl. Die aansluiting tussen Kaapstad en Paarl is in Maart 1863 voltooi. Die ander twee is Hugenoot en Dal Josaphat.

Kaap toe!

Sommige goed is gebreek maar oor die algemeen ‘n netjiese stasie.

KWV sedert 1918.

Mooi gebou en netjiese tuin. Die drinkers betaal…

Charles WH KOHLER (1862-1952) – stigterslid van die KWV

Gabriel LE ROUX – eerste eienaar van die plaas La Concorde waarop KWV geleë is.

La Concorde. Toegeken aan Gabriel LE ROUX in 1692. Hy was reeds daar sedert 1689.

Partymaal kan sipresse tog te mooi lyk op die regte plek.

James Barry Munnik gebou. Hieroor behoort ek heelwat kommentaar te kry – hoop ek.

Hoof straat 123. De Kraal gallery. Geleë op ‘n gedeelte van die plaas De Kraal (2 morg) wat in 1753 aan Adolph Jonker toegeken is.

Hoof straat 125. Opgerig 1925.

Hoof straat 127. De Noop restaurant.

Hoof straat 175. Agterkant van Roodeberg apteek.

Die gebou smelt mooi saam met die Paarl rots daaragter.

Hoof straat 175/177. Roodeberg apteek. Opgerig 1847. Eens op ‘n tyd die Bank of the Western Province. Die bank het selfs sy eie banknote uitgereik. Met die val van die diamant-mark in 1891  het dit opgehou bestaan.

Tempelier straat

Hoof straat 183. Charles PRESS gebou. Ook bekend as die Glassberg gebou. Opgerig in 1897. vir M GLASSBERG, ‘n Duitse fotograaf. Sien foto hieronder wat geskiedenis van die gebou beskryf.

Charles Press gebou.

Nog ‘n skoot van die C PRESS gebou.

Die geskiedenis van die Charles PRESS gebou.

Een van die bekendste geboue in die Paarl. Zomerlust. Boonste verdieping aangebring in die 1850’s. Die aanvanklike plaas het gestrek vanaf die Hoof straat tot teenaan die Bergrivier en is in 1792 toegeken aan Johan MEYER wie moontlik ook die huis laat oprig het. Ek hoor daar is spoke daar…

Tempelier straat rigting Bergrivier.

Hoof straat 217. PM (Peter Murray) CROSS gebou. Opgerig in 1899. Peter was ‘n kleremaker. Dit huisves nou onder andere die Kikka restaurant.

Hoof straat 219/221. Die linkerkanste gedeelte was vir ‘n baie lang tyd die Zuidmeer Kindertuin.

Hoof straat 223-227. Patriot gebou. Die Afrikaanse koerant, Die Patriot was hier gedruk en ook later, die Paarl Post.

Wynland Distriksmunisipaliteit.

De Straat. Ook aangewend as gevangenis en Poskantoor.

Die ou Paarl Bank, later oorgekoop deur Standard Bank in Julie 1891. Baie veranderings is aangebring in 1902. Tydens bespreking van hierdie veranderings is besluit om die gebou te vergroot tot verby die stoep. Hierdie verandering is verwerp aangesien dit aansienlik sou inbreuk maak op die gebied waar die klante gewoonlik hul perde vasgemaak het.

Nog ‘n skoot van die ou Standard Bank gebou. Die ysterpaal regs van die boom is ook sigbaar op ‘n baie ou foto van die gebou.

Die Toringkerk – ook bekend as die NG kerk Noorder-Paarl. Vanuit ‘n ongewone hoek geneem.

Die Paarl se Museum – ook bekend as De Oude Pastorie Museum. Voorheen was die Hugenote Museum hier gesetel

History Webs | Articles: Wagon builders

 

History Webs | Articles: Wagon builders.

Al langs die Hoof straat, Paarl – ‘n paar goedversorgde geboue.

Stap jy al met die Hoof straat langs, kom jy agter dat feitlik al die geboue in ‘n goed versorgde toestand is. Dis ‘n soort aansteeklikheid wat jy waarneem. Die een wil beter doen as die ander een; noem dit ook ‘n soort van kompetisie onder die eienaars, as jy wil.

Geniet hierdie paar geboue wat ek so op my wandeling afgeneem het. Sommige is meer breedvoeriger beskryf as ander maar  dis maar bloot omdat ek nie die geskiedenis van almal kon opspoor nie.

Voormalige Hoofposkantoor van die Paarl

Toringkerk se toring

Voor ingang van Toringkerk

Nog 'n aansig van die Toringkerk se toring

Laerskool Gimnasium

Saal van die Toringkerk

Bean in Love - nou 'n koffiewinkel

Voormalige Openbare biblioteek tot 2011

Core Catering met Petrus Claassen en Jerry in die foto

Johann Smit - kleremaker en -ontwerper

Moderne Bernina in 'n historiese gebou

Tandarts

Opgerig in 1925. Voormalige openbare biblioteek in die veertigerjare.

Skryfbehoefte winkel in die vroeë 1900's

Nuwe openbare biblioteek - amptelik geopen op 10 Maart 2012.

Ingang na Victoria Park

Amptelike opening-seremonie van die nuwe openbare biblioteek

Laan Rust - geboorteplek van Maria Leonora Du Toit

Min mense is bewus daarvan dat ‘n kleinkind van Gideon Malherbe, stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), een van Suid-Afrika se eerste vroulike sendelingdokters was.

Maria Leonora du Toit is op 15 September 1905 gebore in “Laan Rust” in Pastorielaan in die Paarl, ‘n klipgooi van die huis van haar oupa Gideon, waarin die GRA in 1875 gestig is (vandag dieAfrikaanse Taalmuseum). Sy was ‘n laatlammetjie; en so swak by geboorte dat die dokter en vroedvrou gedink het sy is doodgebore. Eers na ‘n rukkie het hulle agtergekom dat die baba wel lewe. Sy was die res van haar lewe swak en sieklik. Maria het gestam uit twee families wat hul ten sterkste vir die saak van Afrikaans beywer het. Haar ma, Leonora, was die dogter van Gideon Malherbe, en kleindogter van dominee GWA van der Lingen. Maria en haar ouers het gereeld by haar oupa Gideon aan huis gekom.

Ernst du Toit, Maria se pa, was die seun van Daniël Francois du Toit van die plaas Naauwbepaald, deel van die historiese plaas Kleinbosch waarop die Hugenote-gedenkskool opgerig is. Ernst was slegs16 jaar oud toe hy by die GRA aangesluit het, en was ook die laaste oorlewende lid daarvan. Maria het baie gelukkige kinderjare in die Paarl beleef, en haar hele skoolloopbaan aan die Meisieskool La Rochelle deurgebring. Sy het kuns by ‘n sekere Mister Crooks geneem, en haar skilderklasse baie geniet. Maria was van haar vroegste kinderjare ‘n ernstige student en toegewyde Christen. Die aankondiging in haar matriekjaar dat sy ‘n mediese sendeling wil word, het almal onkant gevang. Nie net was sy baie sieklik nie; vrouedokters was in daardie dae nog amper iets ongehoords, en boonop in die woeste Afrika! Tog het haar diep-gelowige ouers hulle berus by haar besluit. Haar studiejare was baie moeilik, aangesien tuberkulose by haar gediagnoseer is en sy kort-kort haar studies vir ‘n jaar of meer moes onderbreek.

Sy het aanvanklik aan die Universiteit van Kaapstad studeer, waar die studente nog togas moes klas toe dra! Sy het uiteindelik haar studies voltooi aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar die klimaat haar beter gepas het. Maria het haar eerste ondervinding van mediese sendingwerk in Swaziland opgedoen. Koning Sobhuza II het so ‘n aanhanger van haar geword dat hy later een van sy kinders Du Toit genoem het, na haar. Sy het 16 jaar in Nigerië en 8 jaar in Zambië gewerk, soms onder die moeilikste omstandighede denkbaar. Op Mkar, die Nigeriese sendingstasie waar sy gestasioneer was, was vir 14 jaar geen lopende water nie, en elektrisiteit het hulle eers ná 8 jaar gekry. Hulle het ook baie jare gewag op ‘n X-straal masjien en verkoelingsgeriewe, en medisyne kon hulle net een maal per jaar uit Engeland bestel. Die naaste telefoon en poskantoor was 96km ver, oor amper onbegaanbare paaie. Soms moes sy weens spasie gebrek pasiënte op haar eie bed ondersoek. Nogtans het sy uiters gekompliseerde operasies met groot sukses uitgevoer.

Sy vertel baie staaltjies van haar besoeke aan buiteklinieke. Aanvanklik is sy in die sysaal van’n motorfiets vervoer, voordat hulle ‘n donasie ontvang het waarmee ‘n ou Vauxhall aangekoop is. Soms moes hulle baie kilometers ver loop. Baie gevare het ook gedreig, veral die riviere vol krokodille en seekoeie. Op die buitepos aangekom, moes hulle dan bykans 500 pasiënte daagliks behandel, en soms op die vreemdste plekke slaap. Sy het een nag ‘n buitekamer gedeel met ‘n broeis hen, wat ongestoord op haar eiers bly sit het! Een van Maria se grootste prestasies was die instelling van opleiding om plaaslike inwoners as verpleërs op te lei. Mense wat sy sorgvuldig gekeur het, het ‘n behoorlike akademiese opleiding ontvang. Die standaard was so hoog dat die hospitaal spoedig as opleidingshospitaal erken is. Sommige van haar studente het later selfs gevorder tot die pos van matrone.

In 1955 het sy ‘n MBE van die Britse regering ontvang ter erkenning van haar werk in die sendingveld. In 1958 is die brons medalje van die Royal African Society aan haar toegeken. Meer beskeie huldeblyke was vir haar persoonlik belangriker, soos die “paar jams of kalbassie met ses eiers in ‘n bedenklike toestand”, wat aan haar geskenk is wanneer ‘n pasiënt gesond huis toe gaan. Eenkeer het ‘n man petrol uit sy eie motor vir hulle gesuig, en toe sy vra wat dit kos, sê hy: “Nothing, Doctor, two years ago you operated on me”. Toe sy eenmaal op Mkar terugkom ná haar verlof,  het ongeveer 400 vroue vyf Sondae na mekaar by haar huis kom sing, bid, toesprakies gemaak en geskenkies van kos (oorvloedig uit hul eie armoede) op die stoep neergesit. Dit het haar diep geraak.

Maria het in 1972 na Suid-Afrika teruggekeer, en eers in 1983, op 77-jarige leeftyd, die tuig finaal neergelê. Daarna het sy nog aanhou skryf en lesings gee tot kort voor haar dood in 1996, een dag voor haar een-en-negentigste verjaardag. Mense wat haar persoonlik geken het, praat van haar hele wese wat liefde en lig uitgestraal het – “an illuminated soul”.

Erkenning aan:  Annemarie van Zyl van die Afrikaanse Taalmuseum.

Aansig van Laan Rust rigting Paarlberg

Laan Rust rigting Bergrivier

Nog 'n skoot van Laan Rust

© 2012 Johann H Claassen

Post Navigation