johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Archive for the tag “claassen”

Die Sandveld Ekskursie – ‘n kort reis deur Leipoldtville, Aan Het Berg, Sandberg, Donkieskraal, Lambertsbaai, Die Muisbosskerm. (1-3 Mei 2015)

IMG_1641

Ons gasheer en -vrou, Corrie en Andre Victor

Hierdie skryfsel is nie ‘n akademiese verslag van die een of ander aard nie.  Dis ‘n skryfsel  oor die droom van ‘n man wat sy familie  – sy susters  en kinders en swaers – by hom wou hê vir ‘n dag of drie. Ongelukkig kan ek nie namens die ander wat daar was, skryf nie. Ek skryf soos ek dit ervaar het. En ek probeer  om, waar die woorde my ontbreek, dit aan te vul met foto’s…prentjies van mens, dier en die natuur. Probeer om nie vir my punte te gee vir die fotografie nie – ek is nie ‘n fotograaf nie, ek is ‘n dokumenteerder  van dit wat ek waarneem. Ek het ook skaamteloos van die geleentheid gebruik gemaak om die wat nie meer met ons is nie, aan boord te bring. Jy kan nie net oor hul grond loop of verby hulle loop sonder om notisie te neem nie. They cry out to me: “please,tell them our story!” En dis wat ek sal doen. Binnekort. Die Laubschers, die Therons, die de Beers en die Bassons. Maar vir nou, hier is my storie. Van die Sandveld, van Sandberg, van Donkieskraal, van die man en sy droom.

IMG_1415

Die pad lê wyd na die onbekende…

Die rookseine is reeds maande terug opgestuur: Kry vir Johann op Donkieskraal! As daar nog plaastelefone was, sou die hele kontrei dit geweet het.

Die gekonkel begin en kort voor lank word daar aangekondig dat Andre Snr vir ons gaan ontvoer na ‘n onbekende plek. En die bestemming het onbekend gebly tot 1 Mei 2015. So het ek en Estelle geglo dat dit iewers in die Boland sal wees. Wie, by sy volle verstand, sal nou amper 300 kilometers ry om iemand te ontvoer en dan weer dieselfde afstand terugry om die naweek by sy huis te gaan deurbring? Maar ons het ons lelik misgis. Andre Victor Snr sou so mal wees!

So breek  1 Mei 2015 aan. Renier en Ronel is reeds vroeg hier by ons. Daar is ‘n opgewondenheid in die lug. Andre sal 10:00 daar wees. Tien uur breek aan maar hy is nog nie daar nie. Estelle wil bel, maar ek keer haar. Ek verseker haar hy sal kom. Oomblikke daarna bel hy om te sê dat hy ‘n paar minute laat gaan wees. Almal se oë blink, wat is ‘n paar minute nou na al die maande se wag.  ‘n Paar minute later daag Andre op.  Met Shrek. ‘n Lemmetjiegroen Volkswagen Transporter.

IMG_1428

Ons rus ‘n bietjie naby die sement fabriek. Andre maak een van sy geheimsinnige oproepe

Ons bondel soos opgewonde skoolkinders die bussie in en daar gaan ons!

Toe ons die vierrigting-stop nader en ek sien hier is geen flikkerligte wat aangesit word nie, wonder ek of die ding ooit flikkerligte het! Want dit is waar ons regs moet draai na Tulbagh se rigting. Maar nee, hierdie bussie ry net reguit. So, dan is jy op pad na die Weskus, dink ek. Maar ek sê of vra niks. Wil niks bederf  en ‘n man dwing om te lieg nie. Die rit verloop lekker en kort voor lank is ons in Malmesbury. Gesels land en sand oor alles en nog wat, neem foto’s soos ons ry en anderkant Malmesbury by die sement fabriek, trek ons af vir ‘n koeldrank. Andre is besig om geheimsinnige oproepe te maak maar ek luister nie af nie. ‘n Geheim is ‘n geheim. Waar die Bergrivier (Moorreesburg) die pad kruis op pad na sy eindbestemming, die see, trek ons af om foto’s van die ou brug te neem. Hoeveel honderde kano’s is nie al onderdeur daardie brug met die jaarlikse Bergrivier-kanovaart nie?

IMG_1422 Berg rivier ou brug

Die ou brug oor die Bergrivier

Ons vat weer die pad en stop op Piketberg by hulle Mall. Ja die goed slaan oral uit. Almal wil opsluit ‘n Mall hê. Ek wil geld trek maar die mense staan so ‘n lang tou dat ek dadelik omdraai. Die langnaweek gaan verby wees dan is daai tou nog niks korter nie. Koop ‘n paar goedjies en daar gaan ons. Skaars uit die dorp wil die vrouens weet of hulle dan nie ‘n draai kan gaan loop nie. Terugdraai is al genade om by Winkelshoek te stop vir die nodige.

IMG_1440 Redelinghuys

Redelinghuys in die verte…. ons is op spoed en ek wil nie uitval nie!

Nou is ons reg vir die res van die pad en Andre sit voet in die hoek. Mens kon sien hy is haastig om by die geheimsinnige plek te kom en Shrek is duidelik nie lui nie. Opdraende en afdraende  is vir hom een en dieselfde ding. Hy slurp daardie witstrepe op!

Ons ry by mooi plekkies verby, soos die dorpie  Redelinghuys. Anders as wat mense glo is dit die gemeente wat na Jan Redelinghuys, ‘n boer wat 300 morg grond geskenk het met die oog op die aanlê van ‘n dorp,  vernoem is. Die dorp is uiteindelik aangelê op grond wat van ene JNP Meissenheimer, tesame met sekere waterregte,  aangekoop is.  Die kerksaal was reeds in 1866 gebou maar die gemeente is met die goedkeuring van die Ringskommissie van die Ring van Clanwilliam, op 26.4.1906  van Piketberg afgestig.  Die eerste kerkgebou is in September 1927 ingewy.

IMG_1443 Verlorenvlei

Verlorenvlei

Verlorenvlei

Verlorenvlei. Foto: Google maps

Daarna begin jy tekens sien van  Verlorenvlei wat strek tot en uitmond by Elandsbaai. Groot massas vleie met goeie water hoe nader jy aan die see beweeg. Ons stop weer om foto’s te neem. Die vlei beslaan 1500 hektaar met ‘n opvanggebied van 1890 vk. kilometer.

Teen hierdie tyd is die vermoedens by almal sterk dat ons ook nie op pad is na die see nie, want ons neig kilometer na kilometer meer na die binneland. Dieper die Sandveld in. Heel waarskynlik op of baie na aan die roetes wat Olof Berg, en andere na hom,  gevolg het op soek na die Manamatopa, na die Namakwas en les bes na die koper en diamante waarvan Krotoa vir Jan van Riebeeck vertel het.

IMG_1451 Visarend se neste - doen navorsing

Hamerkop neste – naby Leipoldtville

IMG_1563 MODDERFONTEIN OPSTAL LEIPOLDTVILLE c 1810

Modderfontein – die ou opstal. Opgerig c. 1810

André stop weer om vir my neste te wys wat ek later sou uitvind, Hamerkop neste is. Ons ry en meteens is daar ‘n bord wat sê, Leipoldtville. Nou ja, die volgende breukdele van sekondes gaan daar ‘n klomp goed deur my kop; ek sien ‘n klompie grafte langs die pad en ‘n paar honderd meter later verneem ek onder groot gelag waar Leipoldtville dan nou  is. Nee, kom dit uit een mond, ons is al lankal verby Leipoldtville!

IMG_1855

Sandberg se ingang

Ek kyk om en sien,  ja waarlik,  daar steek die kerktoring ook uit. Maar ag nou ja, alles is ‘n gejaag na wind  en ek sal volgende keer meer oplettend wees. Leipoldtville, aangelê op die plaas, Modderfontein, is  vernoem na ds. CF. Leipoldt die destydse predikant van Clanwilliam. Die gemeente raak ‘n volwaardige een in 1905.

IMG_1832

Sommer net mooi. So tussen die sand en klippe.

‘n Paar minute daarna draai ons in by Sandberg se ingang. Almal het ‘n smile op. Die vermoedens was reg. Andre lag net. Hy hét  my! Met ‘n sanderige pad tussen groen aartappellande ry ons, al hoër teen die berg uit. Daar is heelwat berge met indrukwekkende grotte en rotse. Nog ‘n bietjie sand, nog ‘n bietjie meer druk op  Shrek se enjin en hier voor ons doem die paradys op of te wel, soos ek die paradys voorgestel het in my kinderjare. Bome, bosse, gras, water, rotse, fynbos, veldblomme, ‘n watergat met diere daar rondom. Ook huisies en tente, maar dis nie gewone huisies of gewone tente nie. Die tente is luuks en is op fondasies gemonteer. Hierdie soort van tente sien jy net in die glans tydskrifte. Maar eintlik hou ek nie van tente nie. Het as kind vakansie na vakansie in ‘n tent by die see deurgebring en ek het nie goeie herinneringe daarvan oorgehou nie. Die nag toe dit so gereën het dat ons beddegoed nat geraak het, die water die tent binnegestroom het en my ma wat nie mooi dinge gesê  het van my pa se obsessie met tente nie.

IMG_1646

Renier en Ronel

IMG_1508

Die sitkamer in die Lodge

Die huisies, of eerder chalets,  is óf teen rotse óf binne die rotse gebou. Die afwerking daarvan smelt eko-vriendelik saam met die natuur en omgewing. Ek rep maar niks oor die tent blyery nie en dis asof Andre my gedagtes lees en met die uitklim en afpak -slag wys hy na een van die chalets daar bo en sê, “daar is jou en Estelle se Honeymoon suite.” Groot verligting.

Ons staan nader waar Corrie vir ons inwag in ‘n ander groter huis, die Lodge. Dis eintlik die kantoor van Donkieskraal, luuks toegerus met alles wat mens nodig het vir jou verblyf daar in die berge.

IMG_1469

Die Lodge

IMG_1492

Andre snr. en Johan gesels kopstukke!

IMG_1544

Die aartappel lande wag ‘n nuwe dag in

Ek, en ek glo ook die ander, voel dadelik welkom met die groetslag en kyk hoe Corrie die finale afronding aan die geregte op die massiewe eiland toonbank doen. Kompleet soos wat jy sou kry in ‘n vyfster hotel. Alles lyk en ruik heerlik en na ‘n drankie of twee kan ons ook die lekkerte hier voor ons proe. Uit die boonste gestoeltes! Ons gesels, vra uit oor die kinders, heel later oor die gesondheid, want niemand lyk darem so dat jy nou al so vroeg in die gesprekke moet verneem na enige nuwe kwale nie. Ons word deur Andre en Corrie rondgeneem op die terrein en mens kan maar net jou loop en verwonder aan die pragtige natuur om elke hoek en draai.

Die rotse is oorweldigend en dwarsdeur die kamp vorm dit deel van die natuurlike dekor maar sonder dat dit intimiderend is. Daar is die konferensiesaal, ook ‘n plek waar huweliksonthale gehou word. ‘n Nuwe kroeg is in aanbou met ‘n houtdek wat uitkyk oor die hele vallei. Ek merk dadelik op aan Andre dat die dek se massiewe oppervlakte eintlik ‘n bietjies  te klein is. Ek kry net die gevoel dat daardie plek so gewild gaan raak en dat almal op die dek gaan kuier eerder as binne die kroeg weens hierdie pragtige uitsig.

IMG_1526

My en Estelle se honeymoon suite

Ons gaan loer in by ‘n chalet of twee. Dis rotsagtig daarbinne maar luuks. Lugversorging, elektrisiteit, storte, beddens, pragtige beddegoed en stylvolle gordyne.

Maar hier moet ek nou eers ‘n bietjie stilstaan by die woord, vuur. Toe ons daar aanland, brand daar ‘n groot vuur en daardie vuur het heel naweek gebrand. Dis maar hoe hulle omgaan met vuur in daardie wêreld en die hout daarvoor is onbeperk. Die lug is vars en skoon, jy kan die kruiebosse ruik en daar is ‘n stilte, selfs in die dag, wat jy kan hoor.

IMG_1489

Sonsondergang op Donkieskraal

Aanstons sou die son sy lê loop kry in die weste en ek volg dit met die kamera. En jy besef ‘n sonsondergang soos hierdie kan jy nie in die stad sien nie terwyl jy  hier  maar net jou kop by die deur hoef uit te steek. Dis ‘n prentjie wat wag om geskilder te word. Die ondergaan huiwer lank, asof dit die diere ‘n kans wil gee om hulself reg te kry vir die nag wat voorlê. En wanneer die verdwyning van die dag finaal word, raak die doodse stilte baie intens. Dis slegs wanneer jy nader na die vuur beweeg dat jy die geknetter van die wegspattende stukkies hout hoor. En ek kan sweer dat ons ses stuks sagter praat as gewoonlik.

IMG_1463 Renier Olckers

Renier bespied dinge vanuit die hoogte

Die skaaptjops en wors wat op die kole beland, is van die plaas via die afgelope kerkbasaar en Renier braai dit tot sappige stukke wat smelt in jou mond. Die bykosse rond die gastronomiese skepping af.

IMG_1511

Die Binnekring…. die gesels begin…

Ons gesels oor dae van lank gelede toe die kinders nog klein was, toe óns  nog klein was en ek plaas ‘n video van foto’s in die DVD-speler. Van die beelde is dokumente wat dateer uit 1666, stamvader Victor se boedel dokumente. Van grootjies en oupas, van kinders en kleinkinders. Sommige van die aanwesiges herken hulself nie meer in van die foto’s nie! Dit word weer en nog ‘n keer gespeel want daar moet eers seker gemaak word van dit of dat. Ja mense is tóg  nog erg oor hul foto’s en geskiedenis – dié  kom ek gou agter.

Dit raak middernag, die vrouens kry koers na die katels en ek en Andre gesels nog ‘n bietjie. Na die eerste gemeenskaplike gaap, besluit ons dis tyd vir inkruip. Dis reeds die volgende dag en dié  gaan nóg  voller wees.

Ek stap op na die Honeymoon suite, na my slapende bruid, maar ek dwaal eers rond, neem nog ‘n foto of twee van die nag en sy geheime en na ‘n bietjie lees uit die Concentration Camps van Elizabeth van Heyningen, sit ek die lig af. Ek slaap nie dadelik nie want die adrenalien is nog té  aanwesig. Ek lê eers en luister , staan dan op om buite te gaan staan om beter te luister. Dis morsdood stil en as dit op die plaas in my kinderdae ook so stil was, kan ek dit nie meer onthou nie, of dalk luister ‘n mens met ander ore na die stilte, of dalk, dalk is jy doof maar as jy konsentreer, dan kan jy tog so hier en daar ‘n dier of ‘n voël hoor wat rond skuur om sy lê behoorlik te kry. Ek raak rustig en gaan slaap. Dit was ‘n goeie dag.

Toe die grysheid van die dag die aartappellande se buitelyne begin wys, is ek lankal wakker. Ek vat die kamera saam na buite. Die oggendlug is skerp maar vars. ‘n Paar fisante vlieg skielik uit ‘n bos hier voor my op en laat spaander. Hulle is te vining vir die kamera.

IMG_1824

Dit oorleef dag na dag en jaar na jaar meestal op die dou van die nag.

Die oopplan stort is ook ‘n nuutjie. Daarom neem ek foto’s van haar in die stort maar darem nou so dat die sede-polisie my nie in hegtenis sal neem nie.

Toe ons by die Lodge aankom is Corrie al weer gereed met ‘n ontbyt wat, as ek dit so bekyk, sal hou tot laat middag. Ons eet klaar en neem daarna ons plekke in op Shrek.

IMG_1787

‘n Ongewone swembad.

IMG_1860

Groen goud. As die prys reg is. Die Laubschers boer al sedert 1862 in hierdie geweste. Landbouers van formaat.

Langs die plaaspad kry ons vir Pieter Laubscher, die eienaar van die plaas. Hy stel homself voor en ons gesels so bietjie. Ek kom agter dat hy ‘n baie aangename mens is. Lees hier meer oor die Sandveld se aartappels http://www.potatoes.co.za/regional-services/regional-map/sandveld.aspx 

Die Victors

Die Victors

Andre jnr. en Olive deel 'n grap

Andre jnr. en Olive deel ‘n grap

Allana en haar Sandveld-hero op die vierwiel

Allana en haar Sandveld-hero op die vierwiel

Andre jnr. braai die filet versigtig. Dis warm daar rondom die vuur!

Andre jnr. braai die filet versigtig. Dis warm daar rondom die vuur!

Klein niggie en -nefie

Klein niggie en -nefie

Twee kleinniggies

Twee kleinniggies

Die twee is bietjie bang om die donker grot binne te gaan.

Die twee is bietjie bang om die donker grot binne te gaan.

IMG_1583 NG KERK LEIPOLDTVILLE

NG kerk Leipoldtville

Ons kry ons ry in die rigting van die dorpie wat ek die vorige dag gemis het, Leipoldtville. Daar is regtig nie veel nie, maar dit wat daar is, trek aandag en nooi jou nader. Die kerk, die skooltjie, Algemene Handelaar en die opstal van Modderfontein, die plaas waarop Leipoldtville aangelê is,  kom onder skoot. Die Algemene Handelaar gebou is opgerig in 1898, die Modderfontein opstal in 1810 maar laasgenoemde het al heelwat gesigsontrimpelings ondergaan.

IMG_1566 LEIPOLDTVILLE GARAGE

Leipoldtville se Garage

IMG_1656 - Copy Cover photo

Voëleiland, Lambertsbaai

IMG_1565 ALGEMENE HANDELAAR

Algemene Handelaar, Leipoldtville

IMG_1578 VAALFONTEIN

Een van die marmer blaaie, opgerig om die 100-jarige bestaan van die gemeente te gedenk. Die gemeentelede van die onderskeie wyke is op die blaaie aangebring.

Jakkalsrivier, Lambertsbaai en Muisbosskerm

Die Jakkalsrivier op pad na Lambertsbaai waar dit uitmond in die see.  Foto: Google maps

IMG_1626

Cuvier’s beaked Whale (Ziphius cavirostris)

IMG_1586

Voëls sit gepak op die dak van Lambertsbaai se aartappelskyfie fabriek

Daarna vat ons die pad na Lambertsbaai al langs die Jakkalsrivier waaroor die Saldanha Sishen spoorlyn ook sy lê kry. Om ystererts in kilometer lange trokke by die hawe te kry. Lambertsbaai, uitgespreek as Lammertsbaai deur die plaaslike bevolking,  sal ek weens verskeie redes nie vergeet nie. Maar die grootste sal seker wees as gevolg van die slegte reuk wat oor die dorp hang. Die ergste sou nog kom. Dis toe ons aanstap na die Voëleiland met sy tienduisende seevoëls en tonne voël-ghwano dat my ontbyt dreig om na die oppervlakte te kom. En daar loop ek met ‘n sakdoek oor my gesig en haal dit slegs af as ek ‘n foto wil neem. Volgende keer neem ek ‘n properse masker saam! Belowe ek myself. Die stank is genoeg om jou geheue uit te wis.

Die geleenthede vir pragtige foto’s is legio en ek maak ten beste gebruik daarvan.

IMG_1663

‘n Kykie deur een van die dolosse

IMG_1592 Lambertsbaai hawe

Lambertsbaai.

Die eiland is ’n goeie leerskool vir almal wat iets meer wil weet van die seelewe. Baie moeite is gedoen om dit toeristevriendelik te maak en is deur en deur ‘n besoek werd.

IMG_1599

Estelle by haar liefie van baie lank gelede.

Uiteindelik kan ons vertrek uit die onwelriekende dorp na ‘n meer aangename plek – die Muisbosskerm. Die volgende verrassing. Mens hou dadelik daarvan. Suid-Afrika se eerste opelug restaurant. Al die kos word sommer daar in die opelug in die gaste se teenwoordigheid voorberei. Ek het redelik baie gehoor en gelees van die plek maar dit was my eerste besoek. Lees meer oor die Muisbosskerm hier: http://www.muisbosskerm.co.za/  

IMG_1671

Die Muisbosskerm. Die oonde (links) aan die bak.

‘n Paar rollmops vir ‘n voorgereg is net die ding wat mens nodig het om weer kragte te herwin na die stappery  en ‘n rukkie daarna verskyn daar stomende potte vol gee mielies met egte plaasbotter. Dit smaak  voorste bos en as toegif, word ‘n tweede een geneem.

IMG_1669

Snoek en ander vis word uit die oonde gehaal.

Intussen het die groot plaasbrode ook al uit die oond gekom en dit word, soos wat die opdiener dit sny, opgeraap en geniet saam met botter en tuisgemaakte konfyt waarvan daar verskeie soorte te kus en te keur is. Ek staan nader met die kamera toe hulle die vis en die snoeke uit die oonde en van die roosters haal. Op die vistafel sou ook Paella wees maar ek stap verby en kry Engelvis met soetpatats en slaai. En natuurlik nog brood en konfyt.

IMG_1678

Hierdie vrou KAN vis bak! Die eienaar, Ian, kyk tevrede toe.

IMG_1637

As die een been moeg raak…

Terwyl die gebakte kabeljou in sy degie nog lê  en sis in die pan, neem ek solank ‘n foto van die vrou wat so heerlik staan en bak. Sy glimlag tevrede. Ek sou later die foto aan haar werkgewers stuur met die versoek dat hulle dit vir haar moet wys. Hulle bevestig ‘n dag daarna dat hulle haar gewys het. Ek is bly. Sy kán  vis bak. Die gebakte vis neem ek met aartappel wiggies wat met skil en al in diep olie gebraai is. Wéér  met ‘n  lekker slaai. My verstand sê  vir my,  jy het nou genoeg geëet maar my oë  se vir my daar is nog talle ander lekkernye wat lê  en wag. My maag dink daar is dalk nog plek vir ‘n bordjie of twee.   Daar eenkant op een van die vure is daar drie groot potte. ‘n Varkvleis potjie, ‘n Tamatie bredie en ‘n Kerrie afval pot. En baie rys. Om nou die gasheer en  -vrou nie te laat sleg voel nie, skep ek van al drie  bo-op die rys. Dit lyk goed en ek sukkel aan na die tafel met aangetroude familie wat my aankyk. Hulle  glimlag onderlangs en prober my moed inpraat. Gewoonlik is dit so dat as die muis dik is, is die meel bitter maar dis heel anders vandag. Ek geniet werklik elke skeppie wat ek neem en laat ek dit nou maar hier sê en klaarkry: As hierdie mense van hierdie eetplek moet deelneem aan ‘n kos kompetisie van enige aard, hoef die ander nie die moeite te doen om op te daag nie. Dis goeie kos, kos wat nie garnering en allerhande tierlantyntjies nodig het om die oog te vang nie.  Daar is koffie en heerlike beskuit maar ek sluit af met twee lekker klein vars koeksisters. Die Muisbosskerm is iets wat mens hoegenaamd  nie sal kan vergeet nie, al raak jy vergeetagtig oud.

IMG_1685

‘n Uitspanplekkie. Gebruik die reisigers dit nog…? Ons is haastig op pad plaas toe.

IMG_1656 - Copy Cover photo

Voëleiland. Die getalle groei weer…

Ons ry stadig terug na Donkieskraal en niemand is juis spraaksaam nie. Hierbinne woel en werskaf dit soos die organe en suikers werk om die fyngekoude kos reggepak te kry en te verbrand. Party se oë trek toe op pad na die plaas. By die indraai van Sandberg is daar ‘n familie begraafplaas. Ek en Andre gaan neem al 23 grafte af. Daarna die tweede begraafplaas ook. Ek is tevrede. Die dooies, die voorouers van baie, het aandag gekry.

IMG_1585 LEIPOLDTVILLE LAERSKOOL

Leipoldtville se laerskool

Dis laat agtermiddag wat ons op Donkieskraal aankom.  Daar brand ‘n vuur. Maar voor ek daarby kom, laat ek eers vertel van die  volgende verrassing. Nou moet ek moet eers teruggaan na die dae en weke voor hierdie Victor familie naweek. Ons het gereël dat Olive en Allana ons huis moet oppas en na die hond moet kyk.   Spesiaal vir hulle kos en lekkernye gekoop wat hulle dan kan geniet op my rekening. Die Donderdagaand/Vrydagoggend moeite gedoen om die huis se sleutels by haar uit te kry. Notas geskryf vir haar aandag – al die moets en moenies. Daar moes nie fout kom nie….

Ewenwel, ons kom daar aan op Donkieskraal, die vuur brand hoog en Andre en Corrie se seuns met hulle kinders en vriendinne/vrouens is daar en dit lyk te vrolik. Maar ek sien hier sit ‘n dogtertjie wat darem baie na Allana trek maar omdat dit nou ‘n familie fees is, is die moontlikheid sterk dat daar baie is wat na mekaar kan lyk. Maar na ek my oë so  ‘n  paar keer geknip het en sy nader kom en ‘hallo Oupa’ sê, tref dit my! Dit is dan die laaste verrassing wat hulle vir ons het. Olive en ander vroue kom daar van die bos se kant aangestap en  ek besef hóé  erg hulle moes gekonkel het. Hulle het ook al die vorige aand aangekom en op die buurplaas by Johan Victor tuisgegaan. Alles fyn beplan.

IMG_1829  Blik op Johan Victor se woonplek

‘n Blik op Johan Victor se blyplek, Sandberg

Ons vertrek feitlik dadelik weer met ‘n 4 x 4 voertuig om na die wild te gaan kyk en foto’s te neem.

IMG_1746

Op pad na die Koedoes en Kameelperde

IMG_1766 Prins Willem Klip

Prins Willem Klip. Soveel bronne, soveel  weergawes…

Ons kry koers in die rigting van Prins Willem Klip. Duikertjies is volop en laat spaander vir ‘n vale as hulle die voertuig hoor aankom. Ons sien groot wild maar dis hopeloos te ver vir die kamera en ons beweeg aan. Ons merk ‘n groot trop op en dog dis koedoes maar met die naderkom-slag sien ons dis ‘n trop elande. Hulle staan onrustig en kyk na ons oor ‘n afstand van ongeveer 200 meter. Die wind waai reg en ek besluit om hulle te bekruip. Met elke tree wat ek gee,  neem ek foto’s. Hulle bly staan en ek gaan nog nader. Ek beweeg stadig om ‘n groot bos en wanneer ek agter die bos uitkom, is ek ongeveer 50 treë van hulle. Die ondergaande son skyn mooi oor hulle vaal velle en gee dit ‘n  ligbruin kleur en ek skiet mooi vol skote met verkillende verstellings aan die kamera. Hulle kyk steeds in my rigting. Ek was net mooi tevrede en wou begin terugstap toe hulle soos een man daar wegdraf met helse gedruis. My dag was gemaak. Nou moet ons nog net die twee kameelperde opspoor. Ons ry nog etlike kilometers en gewaar in  ‘n stadium die antenna oortjies van die kameelperde maar toe ons daar kom waar hulle gestaan het, is hulle net skoonveld.  Ek kry darem nog kans om ‘n goeie skoot van Prins Willem Klip te kry voordat dit té  donker raak.

IMG_1764

Die maan bekruip ons al maar die Kameelperde bly weg…

Ons keer donker terug na die kampplek. Die vure brand hoog en daar word gebraai maar die Muisboskerm se kos is nog te sterk in die geheue. Ons gesels weer,  maar hierdie keer gaan slaap die vrouens nóg  vroeër. Die dag het sy tol geëis.

Middernag loop ek steeds rond op soek na iets om vas te vang met die kamera. Ek kry my lê. Dis reeds Sondag. Die slaap kom gou.

IMG_1888

Bloukopkoggelmander. Sy voorvaders het saam met die klippe daar aangekom.

IMG_1783

Die ingang na die konferensie- en onthaalgeriewe. Mooi loop hier…

Met die breek van die dag kan ek sien dat hierdie dag die vorige twee gaan oortref. Nie ‘n wolkie in die lug nie. Matige hitte. Ek stort en loop tussen die chalets en tente deur na die sogenaamde sirkel en konferensie geriewe. Ek merk op hoeveel water met die nagdou versamel is in die rotspoele en ander plekke. Een so ‘n poeletjie sal genoeg wees om een mens se dors te les vir die hele dag. Dit moet net opgeskep word voordat dit verdamp. Presies wat die Boesman ook gedoen het toe hulle nog daar gewoon het. Ja,  die bewys is daar – teen die rotswande van grotte op die plaas. Hierdie tekeninge is grafies opgeneem in die logo van Donkieskraal. ‘n Ongelooflike deel van die geskiedenis van hierdie Sandveldplase. Lees meer oor Donkieskraal hier: www.donkieskraal.co.za

IMG_1816 - Copy Kudu

Koedoe. Een van vele op die plaas maar die enigste een wat na genoeg was vir ‘n foto.

Maar my rustige wandeling was van korte duur en swaer Andre verneem of ek wil saamry na sy huis om goed te gaan haal wat nodig is vir die brunch. Hy dui aan dat ons sommer oor die berg gaan ry want dit is ‘n aansienlik korter (maar moeiliker) roete. En ek besef dadelik: Hier kom dit nou! Die Big Dip waarvan hulle al die heel naweek praat maar niks daaroor verklap het nie. Maar ek is ‘n dapper muis – ek skrik vir niks. Wel, vir amper niks.

IMG_1687 Ingang by Aan Het Berg

Aan Het Berg se ingang. Eers bekend as Zoutkloof. Rina Theron (Zeelie) boer hier. Op haar dag Boer van die Jaar. Ook bekend as die Aartappel Koningin van die Sandveld. Haar oorlede man, adv. Marius Theron, was die dryfveer agter die daarstelling van elektrisiteit aan hierdie gebied. Die opbloei van die aartappel bedryf sou spoedig daarna volg…

Die rit is stamperig en ek sukkel om ‘n foto geneem te kry en gee later op. In ‘n stadium vra swaer vir my of ek alles vas het. Ek sê ja. Ek het die kamera deeglik vas en ek kry daai gevoel  dat hy nie die vraag onnodig gevra het nie. Hy tel ‘n bietjie spoed op en die volgende oomblik verdwyn die pad hier voor en onder ons. Ratanga Junction sal hulle hindernisse van voor af moet herontwerp. Hierdie Big Dip  is Ratanga Junction se  moses in ‘n oortreffende trap. Die bakkie tuimel daar teen die afgrond af, helaas darem nog op sy wiele maar dit voel kompleet of daai laaste koeksister van die Muisbosskerm nog nie laag genoeg gedaal het nie, want ek proe ‘n stropie in my mond. En skielik is dit verby.

Iewers vorentoe  in die nag gaan hierdie episode nog by my kom spook!

IMG_1548 Berg agter Andre se huis 3

Bobbejaanberg. Deel van Aan Het Berg

Willem, Olive, Marlene, Andre jnr., en Johan heel voor

Willem, Olive, Marlene, Andre jnr. en lêende, Johan

IMG_1825 Luiperd spoor

Op die spoor van die luiperd…

Die volgende spook was gou op ons want toe ons gedwing word om te stop weens erge diep erdvarkgate sal ons met die nader stap, die yslike poot van ‘n luiperd sien. Toe ek af buk om ‘n foto daarvan te neem,  kyk ek eers behoorlik rond om seker te maak dat hy/sy nie vir ons lê en loer nie. Swaer verseker my dat daar genoeg goeie vleis in die veld is waaraan hy kan lê en kou as hy honger is.

Corrie se veldtuin

Corrie se veldtuin

IMG_1838 DE BEER ALBERTUS 1924-1964

‘n De Beer graf in die begraafplaas van Aan Het Berg

Op Aan Het Berg aangekom, kry ons haastig die goed en ry daarna eers aan by die familiebegraafplaas van vorige eienaars van die plaas, die De Beer familie. Die grafstene word sorgvuldig afgeneem. Die een graf het geen naam op nie. Ek kan sien dat dit dalk die oudste een kan wees. Wie sou dit wees…?

Terug op Donkieskraal brand die vuur steeds, die kole word reg gekrap en daar beland ‘n uitermatige groot beesfilet op die rooster. Dis veronderstel om ‘n laat ontbyt te wees. Andre junior is hierdie keer die braaier en die eindproduk is presies soos ek daarvan hou: ‘n goeie veearts sal nog iets kan doen vir dié  bees! Die dik gesnyde filet  skywe met slaai  is weereens iets uit ‘n ander wêreld. Dis goeie kos, voorberei deur goeie mense. Na die heerlike ete raak almal haastig want daar is ‘n twee en ‘n half uur pad wat gery moet word deur die meeste van ons.

Ons groet oor en weer. Dis met groot hartseer dat ons afskeid neem maar ook met groot dankbaarheid. Ons, as gaste van Corrie en André, was absoluut op die hande gedra. Niks was vir hulle moeite nie en geen kostes was ontsien nie. Tipies van mense wat goed wil doen aan ander en dit dan doen!

IMG_1558 Werkershuis Aan Het Berg

Werkershuisie op Aan Het Berg

Ons ry. Andre jnr. bestuur. Dis basies net ek en hy wat praat. Die ander is stil. Herkou aan die heerlikhede van die naweek. Elkeen besig met sy/haar gedagtes. Die werklikheid het nog nie lekker ingesink nie. Die naweek is verby.

Ons kom veilig by die huis aan maar dis asof iets nie reg is nie. En weer tref dit my: die vuur! Daar is nie ‘n vuur nie! Die vuur moet dadelik aangesteek word!  Estelle gaan koop vir ons vars vleis. En daar sit ons. Dissekteer  die naweek. Deel ons gedagtes met mekaar. Praat oor dinge wat verby is. Oor ‘n naweek wat verby is. Oor mense wat ons lewens verryk het.

Weereens baie dankie, Andre en Corrie. Kinders van Koos Victor en  Adam Zeelie. Van Olive James en Rachel Pio.

‘n Spesiale woord van dankie ook aan die Laubschers. Aan Annemi en Jackey.

© 2015 Johann H CLAASSEN

© 2015 Johann H CLAASSEN – alle foto’s is deur myself geneem tensy anders aangedui

cropped-img_1753-copy-elande.jpg

Elande

 

Ons eie klein Helen Keller

Elizabeth du Preez

Dis asof iets haar gejaag het. Van kleins af. Asof sy geweet het sy gaan nie lank hier rond wees nie. In ’n baie kort kinder-lewetjie het sy baie meer agtergelaat as die meeste grootmense aan die einde van hulle lewens.

Ek ontdek nou onlangs ’n vreeslik verwaarloosde ou plakboek in ’n kartondoos by die Drakenstein Heemkring. Een sonnige oggend – waarvan daar maar min was die afgelope tyd – sit en blaai ek deur die boek en lees al hierdie wonderlike stories wat iemand in sy of haar vrye tyd bymekaargemaak en in die plakboek aangebring het. Daar is genoeg stof daarin waarmee ek nog ’n hele paar stories met verdere navorsing kan neerpen, maar hierdie een van Elizabeth was my gunsteling sedert die eerste deurblaai van die boek. Die berig oor haar het gedurende 1952 in die Cape Times verskyn. Ek krap ’n bietjie vêrder op die Internet en ’n genealogiese register of twee. ’n Storie begin ontvou…

Ek stel vas dat Anchen Albertyn van Porterville die boekie, Elizabeth Sings, gepubliseer in 1957, in haar besit het en ek maak haar ’n aanbod wat sy gelukkig (vir my) aanvaar.

Elizabeth Suzanne du Preez word op 16 November 1939 gebore as ’n normale en gesonde babadogter vir haar ouers, Jacob Johannes du Preez(22.7.1893-1987) en Elizabeth Isabel Blake (29.10.1902-24.7.1976). Jacob was stigter-skoolhoof van die destydse Hoërskool JJ du Preez in Parow. ’n Week voor haar eerste verjaardag kry sy ’n aanval van poliomiëlitis en dit was nie voor haar tweede verjaardag dat sy weer kon leer loop nie. Teen haar derde jaar was sy volkome herstel, vol lewe en met ’n brein wat net wou inneem.

DSCF1069

In haar eie handskrif – The Wonderful Healer

Voor haar vyfde verjaardag word sy opgeneem in die Sunnyway Kleuterskool in Rosebank en kort voor lank besef almal na aan haar dat sy nie jou gewone kleuter is nie. Dis hier waar die grondslag gelê word vir wat later haar geestelike ontvlugting uit ’n klanklose en byna donker wêreld sou word. Na veertien maande se blootstelling aan die eindelose wêreld van boeke en insameling van kennis, raak sy weer ernstig siek met breinvliesontsteking maar hierdie keer sou sy nie weer herstel nie. Sy raak verlam, feitlik geheel en al doof en só swaksiende dat sy slegs in ’n geringe mate kan lees as sy die boek teenaan haar gesig hou. Sy is byna voltyds bedlêend maar haar brein bly wakker, soekend en vraend. Haar gees ignoreer haar gebreke, niemand kan haar regtig help nie en niemand kan haar deur haar klank beperkings bereik nie. Slegs sy en net sy alleen kan daardeur breek.

Op ’n dag ontdek sy haar pa se stel van 10 Arthur Mee Kinderensiklopedie en binne een jaar het sy deur al die volumes gewerk. Op sesjarige ouderdom word sy met ’n rolstoel op ’n eksperimentele basis na die Mowbray Laerskool geneem waar sy as die mees gestremde leerling saam met ander gehoorgestremdes onderrig ontvang het. Die lees van sprekers se lippe was vir die ander gehoorgestremdes nie ’n groot probleem nie maar vir haar wat skaars kon sien, was dit ’n enorme probleem. Onderwysers en leerlinge moes tot feitlik teen haar beweeg sodat sy hulle lippe kon lees.

Sy het onderrig in gewone vakke ontvang en take was binne ’n ongelooflike rekordtyd voltooi sodat sy meer tyd in die biblioteek kon deurbring. Ook wanneer sy te moeg was om onderrig te ontvang, was sy toegelaat om na die biblioteek te gaan waar sy boeke van haar keuse gelees het. Na slegs ’n paar maande in die skool en lank voor haar sewende verjaardag, verskyn daar ’n nota in haar rekords wat lui: “Elizabeth het vandag Canterbury Tales gelees.” Intussen leer sy haarself om weer te loop en hoewel met groot moeite, breek die dag aan wanneer die onderwyser ’n aantekening maak dat sy oor ’n sekere afstand sonder enige hulp kon loop! Sy sou egter nooit weer haar kragte ten volle herwin nie. Sy sou menige dae afwesig wees van die skool omdat sy eenvoudig te swak was om op te staan.

Kort na haar sewende verjaardag het sy een dag aan haar pa genoem dat sy graag eendag ’n boek wil skryf. Hy het ’n grap met haar gemaak maar tog vir haar ’n dik oefening boek gekoop en daarvan vergeet. ’n Week later het sy die boek aan hom oorhandig – met ’n volledige indeks en agt hoofstukke. En sonder ’n enkele taal- of punktuasiefout! Self ’n taalkundige, het haar pa die boek vir die matriek leerlinge gegee om dit deur te gaan vir foute. Hulle kon geen foute vind nie. Tóé eers het hy besef dat Elizabeth besonder begaafd is.

Elizabeth du Preez se boek

In Mei 1950 word haar eerste literêre pogings op die Squirrel Club bladsy van die Cape Times gepubliseer. Sy leer haarself om ’n tikmasjien te gebruik en tik met een vinger. Sy sou byvoorbeeld die hele storie of gedig volledig in haar kop uitwerk tot by die laaste punt en dan sou sy sit en die hele artikel of gedig uittik op die tikmasjien sonder om ’n woord te verander. Gewoonlik sou sy op en af of in sirkels loop terwyl sy haar kreatiewe denke vrye teuels gee.

Vanaf 1949 is sy ’n student aan die Skool vir Dowes (nou die Nasionale Instituut vir Dowes) op Worcester en het sy naweke en vakansies met die trein tussen Worcester en Kaapstad gependel. Al haar briewe aan haar moeder was vol vreugde en humor. Fyn gespot met haarself maar ook nie geskroom om te spog met haar prestasies nie.

Haar ouers het altyd geweet wanneer daar ’n nuwe gedig of artikel in haar kop broei. Sy sou dan so ’n ‘vêraf kyk’ in haar oë hê en sulke tye kon hulle ook niks met haar uitrig nie. In ’n brief aan haar ma waarsku sy haar pa dat sy besig is om aan ’n storie te werk en dat dit ’n lang storie gaan wees – ten minste ses bladsye, waarsku sy.

Vroeg in Mei 1953 skryf sy haar laaste brief. Aan ene Aunt Sally. Sy skryf oor haar kat, Nicholas. Ook oor ’n perd en die talle boeke oor perde wat sy die afgelope tyd gekoop het. En oor haar probleem. Sy weet nie wat om vir haar broer met sy verjaardag te koop nie. Sy dink daaraan om ’n veeldoelige mes vir hom te koop maar dit sou beteken dat sy haar weeklikse toelae van een sjieling en ses pennies, daarvoor sou moes opdok. Sy was seker nog besig om met hierdie probleem te worstel toe sy op 17 Mei begin siek voel en haar laaste aanval van breinvliesontsteking kry gevolg deur ’n griepvirus en uiteindelike longontsteking. Elizabeth sterf op 24 Mei 1953.

DU PREEZ Elizabeth Isabel nee Blake Maitland BP

Die graf van Elizabeth se moeder en die van haar pa se eerste vrou – Maitland begraafplaas. Foto: www.eggsa.org

Lank na haar oorlye, word getikte studie notas en kommentaar ontdek in vier netjiese lêers wat handel oor veertiende –eeuse gedigte. Terselfdertyd was sy ook besig om die vier boeke van Hendrik van Loon te bestudeer.

In ’n boek (hierbo genoem) wat in 1957 gepubliseer word, skryf die prinsipaal van die Skool vir Dowes, mnr. JL Badenhorst, ’n lang hartroerende en inspirerende brief waarin hy Elizabeth se kwaliteite volledig bespreek. Veral is hy baie dankbaar vir die feit dat Elizabeth deur middel van haar gedigte en skrywes dit moontlik gemaak het dat die opvoeders van gehoorgestremdes vir die eerste keer kon agterkom wat hulle(die gestremdes se) werklike behoeftes is in terme van opvoeding en geestelike gesondheid.

Die superintendent-generaal van die Kaaplandse Onderwys Departement, mnr. JG Meiring, laat ook ’n kort boodskap in die boek en vergelyk haar lewe met die van Mozart wat, ten spyte van sy gebrek, die suiwerste musiek denkbaar, gekomponeer het. Sy weer, met haar stories en gedigte.

Anders as die meeste van ons wat feitlik nooit ’n ‘perfekte dag’ beleef nie, want óf die selfoon het nie goeie ontvangs gehad nie óf een van ons ontwerpers naels het geknak, maak Elizabeth dit duidelik oor wat háár idee van ’n perfekte dag is.

Gedurende Desember 1952 dig sy soos volg:

SOLITUDE

My idea of a perfect day

Is not what others think,

My idea of a perfect day

Is a day by the river’s brink.

 

My idea of a perfect day

Is a day with sunshiny skies,

Skies that are almost as blue

As my long-dead Oupa’s eyes.

 

My idea of a perfect day

Is not what others think,

My idea of a perfect day

Is in sweet dreams to sink,

With the great blue sky above,

And to dream sweet dreams like a dove.

__________________________________________________________________

Bronne:

Tensy anders aangedui, is die foto’s geneem uit die boek, Elizabeth Sings.

The Cape Times ../../1952

Brink, J., Die Brink Familie van Suid-Afrika, 2004.

du Preez, Elizabeth, Elizabeth Sings, Maskew Miller, Cape Town, 1957.

www.eggsa.org (13.09.2013 besoek).

© Johann H Claassen 2013

Op die spoor van die MAREE’s van die Swartland – 14 April 2013

Image

Jy kan dit nie mis nie!

IMG_9448

Strukture kan, ‘n andersins mooi natuurtoneel, nogal opfoeter.

IMG_9451-2

Vermoedelik die huis van MJ MAREE van Remhoogte. [Op 20.7.2013 deur myself besoek en is nou bevestig as die huis van MJ MAREE *1849-† 1919]

IMG_9452-2

Hoe oud sou die ou akkerboom wees?

IMG_9453-2

Stoor of waenhuis/stoor/kelder wat langs  MJ MAREE se huis  geleë is.

IMG_9461-2

Wingerd en vrugtebome sover as wat die oog kan sien.

IMG_9464-2

Springbokke wei rustig op die plaas Allesverloren.

IMG_9466-2

‘n Werfmuur rondom Allesverloren. Aanvanklik ‘n Buitepos en in 1704 aan Gerrit Cloete toegeken. Die naam het heel waarskynlik beslag gekry nadat die opstal deur die plaaslike bevolking (San) afgebrand is. Geboorteplek van DF Malan.

IMG_9467-5

In swart en wit nog steeds so mooi!

IMG_9473-2

Riebeek-Wes. Geboorteplek van twee vorige eerste ministers van die Unie van SA, JC Smuts en DF Malan.

IMG_9474-2

Riebeek-Wes NG Kerk. In 1858 ingewy. ‘n Ongewone gebou vir sy tyd (sterk klassieke elemente). In 1904 vergroot met die toring wat in 1958 opgerig is.

IMG_9475-2

Netjiese heining wat wonderbaarlik nog nie stuk-stuk weggedra is nie.

IMG_9476-2

Die houtrame kort bietjie aandag

IMG_9477-2

Die kerksaal opgerig in 1905.

IMG_9480-2

‘n Mooi huis aan die agterkant van die kerk.

IMG_9481-2

Kerk straat, Riebeek-Wes.

IMG_9482-2

Piedmont.

IMG_9483-2

Al wat ons oorgehou het van die sogenaamde Bosoorlog – grafte!

IMG_9484-2

Hoof-ingang van die kerk in Riebeek-Wes.

IMG_9486-2

Dis nie duidelik of sy net die hekkie of die hele heining se oprigting geborg het nie.

IMG_9487-2

Netjiese tuin. Ek het dit ook so vir die koster in die verbyloop gesê.

IMG_9488-2

‘n Graf van ‘n vroeëre leraar.

IMG_9490-2

Nog netjies omhein.

IMG_9491-2

Kerkklok. Wonder of dit nog gebruik word.

IMG_9492-2

Muur van herinnering – NG kerk Riebeek-Wes.

IMG_9493-2

Iewers het hy aan die baklei geraak…

IMG_9494-2

Is hulle maer of moet hulle so lyk…? Modderasvlei se diere.

IMG_9496-2

Modderasvlei, neffens Allesverloren.

IMG_9501-2

Jolly Olive, ‘n eet- en drinkplek langs Remhoogte.

IMG_9502-2

‘n Huis in Maree straat.

IMG_9505-2

Plein en Ciliers strate

IMG_9506-2

Die Rooi Os, gemaak deur ene Basson, om saam te val met die Groot Trek gedenkjaar. Op die plein van Riebeek-Kasteel. Daar is ‘n heerlike spookstorie verbonde aan dié os.

IMG_9507-2

Hierdie kanon is deur J van der Merwe van Swartdam, Riebeek-Kasteel, aan die dorpsbestuur geskenk in 1938 met die Groot Trek se gedenkjaar en ter ere van sy vader. Ek sien nie meer die gedenkplaat aan die voetstuk nie en dis erg verwaarloos. Ek sal enige tyd die verf skenk.

IMG_9508-2

‘n Inskripsie op die kanonloop. Ek kan nie uitmaak wat dit is nie maar dit kan 1612 wees.

IMG_9509-2

Klipstapel opgerig ter herdenking van die Groot Trek herdenkingsjaar, 1938.

IMG_9511-2

Kasteelberg Country Inn. Opgerig in 1911. Redelik verander. Ons het hier ‘n lekker ontbyt geëet.

IMG_9512-2

‘n Sloot vanaf die berg se kant. Kurkdroog.

IMG_9513-2

Binnekant van Kasteelberg Country Inn.

IMG_9514-2

Ons uitsig vanaf die ontbyttafel.

IMG_9515-2

Die winkel, Aitsa. Lekker biltong ens.

IMG_9516-2

à la Maison. Baie mooi huisgoed soos die vrouens daarvan hou.

IMG_9517-2

Mooi goed wat dalk ook later kitch sal word!

IMG_9518-2

Nog mooigoed in dieselfde winkel.

IMG_9519-2

Hoof straat Riebeek-Kasteel. Winkeltjies op winkeltjies. Gerig op die toeris. Soos wat ons gestap het, het hulle in hulle honderdtalle opgedaag.

IMG_9520-2

DieRoyal Hotel. Elke dorp het ene maar hierdie een is ‘n uitskieter. Die Jood Katz het dit in 1862 begin oprig. Baie veranderings is aangebring, onder andere die veranda in 1929.

IMG_9521-2

‘n Huisie aan die linkerkant van die hotel. Baie verwaarloos maar wat nie vir onder R1 000 000.00 verkoop sal word nie.

IMG_9523-2

Nog winkeltjies.

IMG_9524-2

Die hele oggend het die wolke my fassineer. Hierdie een deel ek gratis.

IMG_9525-2

Nog winkels!

IMG_9526-2

In hierdie stegie sou ons winkeltjies op winkeltjies ontdek.

IMG_9527-2

Hier kan jy bottels goeie landgoedwyne koop. Iets wat nie in die hoofstad van wyn (die Paarl) op ‘n Sondag moontlik is nie!

IMG_9528-2

Nog ‘n versteekte winkeltjie – drink en eet.

IMG_9529-2

Winkeltjies…

IMG_9530-2

Kuierplekkie met ‘n ou stasie kennisgewingbord as spyskaart.

IMG_9531-2

Die spyskart van naby

IMG_9532-2

Riebek-Wes is daai kant toe. Moenie verdwaal nie!

IMG_9533-2

Drink en verkoop.

IMG_9534-2

Heerlikste kase, gerookte hamme, plaaslike olyfolie en petite groentetjies. Moenie die jaarlikse Olyffees (4 en 5 Mei 2013) vergeet nie.

IMG_9535-2

Ek moes haar opsluit afneem op die trappe!

IMG_9536-2

Die Roal se impossante vooraansig. Dalk ‘n geval van bo blink en onder stink…. Ons sal nou sien in die volgende beelde.

IMG_9537-2

Dit is regoor die Royal afgeneem. Die onderkant van die watertenk is half-vol met leë plastiek wynbottels. Ons kyk verder…

IMG_9538-2

Die watertenk wat dateer uit vervloë dae.

IMG_9539-2

Zoom bietjie in en probeer die rooi doppies tel! 🙂

IMG_9540-2

Die ou kerkhof se wit muur. Die kerk en die bar sit hier letterlik langs mekaar.

IMG_9541-2

‘n Mooi ou groot huis regoor die Royal en leeg…

IMG_9542-2

Dis die parkeer plek van die kerkgangers. Ons stap ‘n bietjie nader…

IMG_9543-2

Die trappies op na die kerk se ingang. Rooi doppies so ver jy kan sien!

IMG_9544-2

NG kerk Riebeek-Kasteel. Opgerig in 1913.

IMG_9545-2

Agterkant van die kerk. Begraafplaas se kant.

IMG_9546-2

Abraham Jacobu Jozua REYNEKE se graf. 1853-1910. Oupa van oom Maree REYNEKE. In die ou kerkhof.

IMG_9547-2

Pragtige detail van die vensters.

IMG_9548-2

‘n Hele eeu oud vanjaar. Matthys Johannes MAREE was deel van die boukommissie.

IMG_9549-2

Die kerk het verdaag. Terwyl ek wydsbeen oor ‘n graf staan, sê die een ou oom vir ‘n ander: “Seker ‘n skattejagter.” Ja, ek het jou gehoor, broeder! 🙂

IMG_9551-2

Art en Craft asook ‘n gallery. Baie mooi goed daarbinne.

IMG_9552-2

Ek hou hiervan. ‘n Foto op ou planke. Weet iemand hoe hulle dit doen?

IMG_9553-2

Die dorpsplein. Hier was ‘n fontein doerie jare maar ek vind niks. Opgedroog sê iemand vir my. Daar was groot petisies deur die kerk en die dorpenaars opgestel oor daardie fonteinwater.

IMG_9554-2

Die nuwe begraafplaas, Riebeek-Kasteel. Matthys Johannes MAREE *1849 was deel van ‘n drieman-kommissie wat ‘n geskikte terrein moes aanwys.

IMG_9555-2

Matthys M LAUBS(C)HER en Hendrina Maria Jacomina RUPPeRSBERG. Ek moes weer die stukke bymekaar pak soos laas.

IMG_9556-2

Anna Gertruida RUPPERSBERG 1862-1939 en Nicolaas MAREE 1856-1950

IMG_9557-2

Johanna Sophia Elizabeth RUPPERBERG 1856-1941. Oumagrootjie van oom Maree REYNEKE. Sy is in die nuwe begraafplaas begrawe en hy in die ou kerkhof.

IMG_9558-2

Sy het hom vooruit gegaan.

IMG_9559-2

Die jongste MAREE graf.

IMG_9562-2

Halwe 2de neef van Mev. Viola Müller (née MAREE).

IMG_9565-2

MAREE x REYNEKE

IMG_9568-2

MAREE x REYNEKE

IMG_9571-2

Matthys Johannes MAREE 1849-1919. Hy het bepaald diep spore getrap in Riebeek-Kasteel se gemeenskap. Diaken, ouderling, primarius na die Kaapse Sinode, Voorsitter van en lid van talle kerk kommissies en lid van die plaaslike skoolkomitee. Aanvanklik ‘n togryer, later ‘n boer van formaat van die plaas Remhoogte. Sy tweede vrou is saam met hom in hierdie graf.

IMG_9574-2

Mathhys en Anna Gertruida Theron se graf asook die van die kinders en ‘n familielid.

IMG_9577-2

The Victorian Cow.

IMG_9579-2

Winkel met antieke ware. Raai bietjie wat staan daar.

IMG_9580-2

Van naderby. Vervaardig in Glasgow.

IMG_9583-2

Hier kos dit rem vir ‘n vale!

IMG_9585-2

Het Vlok Casteel

IMG_9588-2

Die wolke raak digter. Ek moet haas klaar maak!

IMG_9589-2

Oorblyfsels van ‘n brug tussen Hermon en Riebeek-Kasteel.

IMG_9591-2

Kompanjies rivier. Sweerlik op die deuntjie van die VOC…

Plein str - opgerig 1936-2

Opgerig in 1936. Aan die dorpsplein.

RK Biblioteek 1928-2

Riebeek-Kasteel se biblioteek. Opgerig in 1928.

Van Riebeeck straat - Riebeek-Kasteel-2

Van Riebeeck straat, Riebeek-Kasteel.

Kwartierstaat van Petrus Johnnes CLAASSEN III – 5 geslagte (Pedigree Chart 5 generations)

Image

Bramwell Edmund BUTLER (1896-1977)

As ‘n Oudtshoorniet is dit vir my lekker om sou nou en dan te dink aan Oudtshoorn en sy mense, mense soos oorlede oom Bramwell. Bramwell Edmund Butler.

Bramwel Edmund Butler is gebore op 20 April 1896 as een van nege kinders van Frank (ook genoem Francis) Butler en Maria Magdalena Ehlers.

Min is van sy kinder- en skooldae bekend, maar  na skool word hy boekhouer by die destydse Amalgamated Motors op Oudtshoorn.

Hy trou op 15 November 1921 met die aantreklike Catherine Margaret Smuts.

Bramwell  is toegewyd in sy werk en lewe ’n middelklas, maar rustige lewe, op ’n  plattelandse velskoen- dorpie, soos Oudtshoorn destyds onder die buurdorpe bekend gestaan het. Hy gaan soggens met sy tassie werk toe en kom saans tuis waar hy in sy tuintjie werskaf en vêrder tyd saam met die gesin deurbring.

Om sy karige salaris aan te vul,  speel hy soms die  Sweepstakes maar hy is telkemale onsuksesvol daarmee…tot dáárdie dag in 1923, toe alles eensklaps nie meer dieselfde vir hom sou wees nie.

’n Paar dae  voor  dit, koop hy ’n tien sjielings kaartjie by die Joodse juwelier Nathaniel Lipschitz. Hy kan eintlik nie die kaartjie bekostig nie en wil die helfte daarvan verkoop met die idee dat as hy wen, die deler die helfte van die wengeld kan kry. Niemand stel belang in sy mal idee nie.

Natahan Lipschitz se graf in Oudtshoorn.

Die perd wat hy trek, genaamd Tiga, is 22 teen 1 verwed. Beslis nie ’n wen perd hierdie nie!

Maar watwou, die perd wen teen alle verwagtings in! Die wengeld: ’n allemintige 125 000 Britse pond!

Met daardie klomp geld, kon Bramwell ’n hele paar plase gekoop het of, as hy dit belê het, nooit weer hoef te gewerk het nie.  Hy benader hierdie skielike rykdom van hom egter op ’n heel ander wyse. Hy bied die NG Moedergemeente £10 000 aan, maar hulle weier dit op grond daarvan dat dit dobbelgeld is. Die Metodiste Kerk van Oudtshoorn neem dit egter aan want hulle reken, Life’s a gamble.

Bramwell pak ook ander projekte aan waaronder die aanbou van die hawemuur en getypoel op Victoria Baai. Op dieselfde plek koop hy ook ’n paar eiendomme aan ter waarde van £6 000.

Victoria Baai.

Maar dit waarvoor  hy seker vir altyd onthou sal word, is sy uitreiking na sy suster wat dit nie breed gehad het nie, maar ’n besondere musiektalent gehad het. Vir haar bou hy ’n volledige musiekkamer aan wat toegerus word met net die beste klavier en dit wat daarmee saamgaan. Daarna betaal hy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy haar B Mus graad behaal.

Die gewone bedelaars was ook volop; daardie soort wat nou ewe skielik belangstelling in jou toon, maar jou eintlik nooit wou geken het nie. Bramwell moes telkemale onder ’n skuilnaam padgee om ontslae te raak van hierdie skielike “vriende”.  Ander wat bloot geld wou geleen het om die een of ander “wen-idee” ’n werklikheid te maak, was ook volop.

Die Sunday Times rapporteer op Saterdag 9 Junie 1929 soos volg:

£125 000 Failed to Rouse Him

 Oudtshoorn, Saturday –  Mr. Bramwell Butler, winner of £125 000 in the Calcutta Sweepstake, is one of the coolest men in South Africa. He has not spent a bean since he received the news of his great fortune, and went on working, totaling up columns of figures in the Amalgamated Motors, Ltd office, making up his cash and banking it as usual.
   His employer, Mr. Kenneth Bern, who is chief shareholder and director in he firm, and who is also a level-headed general manager, appears to have been more perturbed than his accountant at the winning of the huge sweepstake, and when asked how he felt about Butler’s sudden acquisition of wealth, replied tersely: ‘Dashed small’
   ‘To tell you the truth, I have not felt excited at all,’ said Butler, without enthusiasm, when asked him what he felt like to win £125 000.
   ‘But I can tell you straight that when I actually get the money and commence paying out cheques to those of my people who require help, and when I think of bringing great joy into their lives, I feel that I really get worked up to a state of excitement.’
   At this stage of the interview, I followed the Calcutta Sweep winner to Barclays Bank, whither he had been summoned, and where the news had been cabled from Calcutta that he would receive practically the whole amount next month.
   Butler went on to admit that he had misjudged his remarkable equilibrium.
   ‘I really thought I would be able to go on working, but now that my bankers have told me the money will be due here next month I cannot stick it any more at the office.’

Intussen het hy darem ook goed na homself en sy gesin gekyk. Sy seun, D.R. Butler onthou hoe hy met sy eie motor en chauffeur in uniform rondgery is waar hy ook al wou wees.

Volgens die telefoonboek van 1929, was Bramwell se telefoonnommer, No.1

Of  Bramwell daarna weer die “Sweepstakes” gespeel het? Niemand weet nie…

Bramwell sterf op 18.8.1977 te Oudtshoorn.

Bramwel se graf in Oudtshoorn

  • Die bydrae is moontlik gemaak deur Mev. Pat Timothy  van Booklovers, Paarl, wat iets van Bramwell  onthou  het wat sy baie jare gelede gelees het en my aandag daarop gevestig het.
  • www.vicbay.com/history.html  Waar ek inligting oor Bramwell se projekte in Victoria Baai raakgelees het.
  • Die foto van Bramwell  is verskaf deur die CP Nel Museum Oudtshoorn –Mev. Sandra Smit.
  • Mev. Hilda Boshoff, ook van die museum, het my op die spoor gesit van Bramwell se seun. Sy het ook ander biografiese inligting oor die Butlers met  my gedeel.
  • Mnr. DR Butler, seun van Mnr. Bramwell Butler.
  • Foto’s  van Bramwell en Nathan Lipschitz se grafstene beskikbaar by www.eggsa.org

© 2012 Johann H Claassen

GERRIT VICTOR – ‘n Kort lewenskets

Die VICTOR familiewapen


‘n Man van vele ambagte

Inleiding

Gerrit Victor, die stamvader van die Victor-familie in Suid-Afrika, is omstreeks 1645 gebore in Amsterdam en tree voor 1666 in diens van die VOC te Ceylon. Hy kom in 1666 (hoewel daar aanduidings is dat dit reeds in 1665 kon wees) in die Kaap aan as die vyfde Krankebesoeker, ook genoem Sieketrooster. Op 23 Desember 1665 skryf goewerneur Wagenaer in sy joernaal die volgende: “December 22nd. Towards evening to our joy the long expected Achilles arrived, after a voyage of nine months from Zealand. She had suffered great danger and trouble, and sustained much damage, her starboard bulwards having been knocked away from the saloon to the main mast. On account of the many sick, she had to call at Cape de Loop, and afterwards at the Island Annaboa, where the men, from eating much healthy fruit, especially oranges, recovered within a few days. They had however previously lost 16 men by death, among them the junior merchant Adriaan Weyers, who had died at the aforesaid Cape. Moreover 16 men, soldiers and sailors, had deserted there towards the forest among the blacks, so that she brought hither 140 souls, including 47 soldiers and four women and a child, who were all, excepting the sick visitor, healthy people. We thank God for this, as we had long ago already despaired of her safety.” [Transkripsie en vertaling deur H.C.V. Leibbrandt]. Na alle waarskynlikheid was dit die nuwe sieketrooster, Gerrit Victor, wat aanboord die skip was. Op 15 Mei 1666 verskyn sy naam reeds in die Monsterrolle van die Kompanjie.

‘n Sieketrooster se werk was in ‘n groot mate suiwer geestelik van aard en dit was van so ‘n persoon verwag om die siekes te besoek en geestelike bearbeiding onder diesulkes te hanteer. Verder was die sieketrooster ook die “voorleser” in die kerk. Keuring vir die amp was streng gedoen want behalwe dat die persoon goed geletterd moes wees, moes hy ook goed kon sing. Dit was van die Sieketrooster verwag om, wanneer hy gevra word, as voorsanger in die kerk op te tree. Daarbenewens moes hy ook kon voortgaan in die afwesigheid van ‘n predikant. Sieketroosters het ook sekere hulpmiddels ontvang om hulle werk te kon doen. Hulle het twee stelle voorrade ontvang; een stel vir wanneer hulle aanboord van ‘n skip is en die ander stel wanneer hulle op land moes be-arbei. Die beroemde Statenbijbel was uiteraard deel van die sieketrooster se toerusting asook ‘n Psalmboek en skryfbehoeftes. Deel van Gerrit se vele ander ampte wat hy moes verrig, was die een as onderwyser. Hierdie taak verrig hy in ‘n solderkamertjie wat waarskynlik in die Kasteel geleë was. Sy vergoeding beloop ‘n kwart Riksdaalder vir elke kind van ‘n burger of dienskneg van die Kompanjie wat hy onderrig het. Hierdie einste solderkamertjie was heel dikwels omskep in ‘n herberg/kroeg wanneer skepe aangedoen het by die hawe. Die kinders het dan vakansie gekry. Op 7 Mei 1666 het die Kaapse Kerkraad ‘n besluit geneem om die doop van slawe kinders in ooreenstemming te bring met die gebruik in Batavia. Op 20 September 1666 dui die Kaapse doopregister vir die eerste keer aan dat ‘n lid van die Politieke Raad as getuie optree by die doop van ‘n slawekind. In 1667 tree Gerrit op as getuie by die doop van ‘n slawekind Catharijn, die dogter van Fransike. Daarna tree hy by verskeie dope op as getuie – as waarborg dat die kind ‘n Christelike opvoeding sal kry. Gerrit was die enigste van die Sieketroosters wat twee termyne aan die Kaap uitgedien het.


Faksimilee van Gerrit Victor se handtekening

Gesin

 Sieketroosters moes ook in die afwesigheid van predikante voornemende egliede se huweliks gebooie afkondig. Soms was die sieketrooster in die bootjie geplaas waar hy selfs sy eie huweliksgebooie moes aanhoor. Die vyfde huwelik wat in die register van die Kerkraad van Kaapstad aangeteken is, was die van Gerrit Victor en Stijntjie Van Den Berg op 16 Januarie 1667.

Aan die einde van 1667 begin 1668 word sy dienste as sieketrooster benodig in die Ooste. Hul eerste seun, Cornelis word in baie rekords aangedui dat as sou hy in Ceylon gebore gewees het. Dit word betwyfel aangesien Gerrit en sy vrou in Januarie 1667 getroud is aan die Kaap en op 16 Oktober 1667 verskyn die volgende inskrywing in die Kaapse doopregister: “Den 16 Oct: een soontje van Do’ Victor en Stynje van den  Bergh wiert genaemt Cornelis, tot getuygen stonden  de E .H. Command: Cornelis van Quaelbergen  en Judith van den Boogaerde syn resp’ huysv’.”   Dit laat dus min ruimte oor vir ‘n retoer reis na Ceylon. Hul tweede seun, Jacobus word gebore terwyl Gerrit in Negombo diens doen.

Cornelis Victor trou op 8 Augustus 1688 met Cornelia Jacoba Junius en uit hierdie huwelik word 6 kinders gebore.

Jacobus Victor, wat ook in dokumente aangedui word as baasskutter, trou op 20 September 1699 met Magdalena Wendels en uit hulle hulle word slegs een seun, naamlik Wynand, gebore. Magdalena trou op 17 Mei 1710 met Jan Gerritz wat die vermoede laat ontstaan dat haar en Jacobus se huwelik ontbind is. Dit is algemeen bekend dat Jacobus ‘n seun, Christiaan, by ‘n slawemeisie verwek het. Na Jacobus se dood in 1719 het Christiaan op 1 Augustus 1723 ‘n versoek gerig dat hy sy vryheid verlang en burger status wil hê. Dit is toegestaan deur die Politieke Raad op grond van  getuienis gelewer  dat hy ‘n aanwins vir die gemeenskap sal wees. Die volgende ongewone versoek van hierdie aard was eers weer 70 jaar later aangehoor.

Tweede Termyn aan die Kaap 

Gerrit en sy gesin keer  weer in 1676 terug na die Kaap aanboord van die Voorhout. Op 30 Desember 1676 verkry sy vrou en Barbara Geens hul bakkerslisensies vir die bak van vars brood. Dit word toegestaan onderhewig aan ‘n aantal bepalings wat punctueel nagevolg moes word. Die brood moes gaar en droog wees en na gelang van die gewig verkoop word ooreenkomstig ‘n masimumskaal. Daar was drie kategoriee brood, naamlik Tarwen broot, Roggen broot en Fijn gebuijlt broot. In 1677 verkry Gerrit Vryburger-status en in dieselfde jaar word hy ook aangestel as die Weesmeester, ‘n pos wat hy in 1678 steeds beklee en waarin hy weer op 30 Desember 1690 aangestel word. Na 1677, maar voor 1707, kom Gerrit in besit van die plaas Den Uytwijk, ‘n plaas wat op ‘n stadium aan Jan van Riebeeck behoort het. Vanaf 2 Maart 1678 word 300pond rys maandeliks aan hom toegeken. In 1678 word hy aangestel as diaken van die Kaapse kerk en verkry hy ook sy bierlisensie. Die amp van diaken beklee hy steeds in 1679. Nieteenstaande sy diakenskap, brei hy sy handel dryf in sterk drank uit en in 1679 verkry hy lisensie om alle soorte drank te verkoop. Dit sluit in Mom, Franse-, Rynse- en Spaanse wyn.  Op 8 Januarie 1680 kla hy oor die gehalte van die koring. Volgens hom was dit besmet met kalanders en om dit te bewys, lê hy twee broodjies voor aan die Politieke Raad. Laasgenoemde besluit toe om die graan teen 8 Gulden in plaas van 12 Gulden per mud aan hom te voorsien. Sy bakkerslisensie word op 14 Maart 1680 vir ‘n tydperk van 3 jaar hernu teen ‘n bedrag van 850 Gulden. Op 16 Desember 1680 word hy aangestel as lid van die Huwelikshof en word in dieselfde jaar heraangestel as diaken. In 1681 dien hy steeds op die Huwelikshof. Die broodbakkery wil nie heeltemal vlot nie en op 27 Januarie 1681 word bevind dat hulle brood onbevredigend is. Die bakkery kan in elk geval ook nie winsgewend bestuur word deur Gerrit en sy eggenote nie en keur die Politieke Raad dit goed dat hy weer in sy vroeë hoedanigheid as sieketrooster aangestel word. Sy salaris sou egter nie nou weer 40 gulden per maand wees nie, maar slegs 30 gulden. Hy aanvaar hierdie aanbod met groot dank en op 15 Maart 1681 vertrek hy as sieketrooster na Batavia.

Ligging van Gerrit Victor se plaas De Uitwijke

Derde Termyn aan die Kaap

Op 15 April 1682 keer hy terug van Batavia en in 1682 verkry sy vrou weer ‘n bakkerslisensie. Sy deelname aan die drankhandel blyk suksesvol  te wees want in 1683  verkry hy weer lisensie om alle soorte drank te verkoop. Volgens die jaarlikse opgawe in 1683 besit Gerrit een kneg, twee slavinne, twee slawekinders, agt osse, een perd, een vul en sestig skape. In 1684 word sy  lisensie om Kaapse wyn en brandewyn te verkoop, hernu en in 1685 verkry hy lisensie om bier te verkoop. 13 Mei 1685 lê hy ‘n beëdigde verklaring af  “ten laste van den Luijtenant Jan Baptist(Dubertin)”. Laasgenoemde is verban na Mauritius en nog later ontslaan uit die VOC.

Hoewel Gerrit deurgaans ‘n voorbeeldige lewe gelei het, het probleme met die gereg hom nie ontwyk nie en op 15 Oktober 1685 verskyn hy in die hof vir die onwettige kap van hout in ‘n verbode plek. In 1686 dien hy weer as diaken in Kaapse kerk. In 1686 word sy lisensie om bier te verkoop hernu.

Sieketroosters was nie net geroepe om die geestelike swaard te hanteer nie, maar ook om die swaard op te neem om die volksplanting te help beskerm. So word hy dan op 2 Julie 1687  aangestel as offisier(korporaal) in die Burgermag. So ‘n posisie word lewenslank beklee of totdat die persoon vir sy ontslag vra of versoek om na elders verplaas te word. Dit blyk dat hy ook ‘n aanleg in die krygsdiens gehad het aangesien hy  kort daarna as Vaandrig aangestel word met dubbel soveel manskappe onder sy aanvoering. Hy beklee hierdie amp 12 jaar lank.

Op 6 Junie 1690 staan hy borg vir Jacobus van Heuren se skulde. Weens goeie werk in die verlede gedoen, word Gerrit weer in 1691  as Weesmeester aangestel. Met die boerdery het dit ook nie te sleg gegaan nie en in 1692  oes hy 100 Mud koring. Gerrit was ook ‘n slawe eienaar en het gereeld slawe gekoop en verkoop. Slawe is gereeld vry verklaar maar daar was in die meeste gevalle ‘n voorwaarde aan gekoppel. Op 22 November 1692 word sy slawe, Hannibal van Macassar en Jannetjie van Malabar met haar dogter Rebecca (2jr) vry verklaar op voorwaarde dat hulle vir hom diens doen vir die volgende drie jaar.

Na ‘n leeftyd van diens aan die gemeenskap versoek hy op 5 November 1692  om onthef te word van sy openbare poste weens sy hoë ouderdom. Hy skaal egter nie heeltemal af met sy bedrywighede nie want op 27 Junie 1697 koop hy die slaaf Scipio van Malabar vir 55 Riksdaalders van Lodewijk van Dieden.   Na sy versoek op 5 November 1699 word hy “op een eerlijke weise” van sy Vaandragerskap ontslaan. Die ouderdom begin regtig sy tol eis aangesien hy op 11 Januarie  1708  die plaas Den Uytwijck van 34 morg en 371 vk. roede aan Lambert Adriaensz verkoop.

Die Einde

Gerrit Victor sterf omstreeks 1714. Op 2 Julie 1714 word sy inventaris opgestel. Dit bestaan uit: “1 ledekant, 1 veere bed, 1 veere peuluw, 2 veere kussens, 1 combaars, 1 kist met eenige boeken, 5 schilderijen, 1 slaaff genaamt Antonij, 1 slaaff genaamt Arent en 1 leedige kist.” Sy seun, Cornelis, teken die inventaris as opsteller. Op 29 Oktober 1715 word sy  Likwidasie- en Boedelrekening afgehandel.

Uittreksel uit Gerrit Victor se Boedelrekening

Bronne

  • Die Victor familie – Ongepubliseerde navorsing deur Johann H Claassen
  • Claasen, J.P., Die Sieketrooosters in Suid-Afrika 1652-1866, NG Kerk Boekhandel. 1977.
  • Böeseken, A.J., Slaves and Free Blacks at the Cape 1658-1700, Tafelberg, Kaapstad. 1977.
  • Genealogiese Instituut, Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Volume 14, Genealogiese Instituut, Stellenbosch. 2006.
  • Kaapse Argiefbewaarplek. Kaapstad.
  • www.databases.tanap.net
© Johann H Claassen 2010


Jacobus Adriaan VICTOR ~ ‘n Kort Lewenskets

 

Jacobus tydens WWII

Jacobus Adriaan Victor is op 24 Augustus 1923 gebore in die distrik van Laingsburg as die enigste seun van Jacob Victor en Anna Susanna Maria Botes

 Sy skoolgaan tydperk is van korte duur, want voordat hy sy hoërskool loopbaan voltooi en op 18 jarige ouderdom, besluit die avontuurlustige Koos  – soos almal hom genoem het – die oorlog is net die ding om ontslae te raak van sy oortollige adrenalien- en energie vlakke.

 Op 23 September 1941 sluit hy aan en word direk na Noord-Afrika  gestuur waar hy meestal in Egipte diens doen as deel van die 9de Bataljon Reserwe Brigade.  Oor die omstandighede daar in die vreemde en dan boonop in ’n  oorlog sone, is daar al baie boeke geskryf en staaltjies vertel. Dit kon nie maklik vir Koos gewees het nie. ’n Jong seun wat nog op die skoolbanke moes gesit het en soggens sy ma moes soengroet alvorens hy die huis verlaat het vir skool en middae vir sy pa moes help in die tuin, het hom nou in die haglikste toestande denkbaar bevind. In dié  vyf jaar van sy jeugjare het hy meer van die lewe in sy wreedste vorm gesien as enige ander seun van sy ouderdom aan die tuisfront.

Aan die Oorlogsfront - Koos op sy motorfiets

 Op ’n stadium het Koos vermis geraak en was daar wyd aan die tuisfront aangeneem dat hy dood is. Vir maande was daar geen taal of tyding van hom nie totdat hy op Madagaskar opgespoor is.  

 Hy het  deurgedruk en toe die oorlog klaar was, was hyself ’n aantreklike jong man van 22jaar en gereed vir die grootmens wêreld, maar ’n ander wêreld as vóór  die oorlog.

Werk was skaars en die lewe duur. Koos het begin werk by die plaaslike Afdelingsraad as Ambulans bestuurder.

 Gedurende 1949 ontmoet hy ’n ewe aantreklike Olive Grace James en hulle trou op 30 November 1949 in Kaapstad. Uit dié huwelik word vier kinders gebore, naamlik:

    Jacob Victor gebore  1950 inWorcester en oorlede op 15 Mei 1999 in Wolseley.

    Adriaan Victor gebore  1952 in Worcester

    Estelle Victor gebore  1956 in Parow

    Ronel Victor gebore  1965 in Kaapstad

Koos en sy gesin bly inPhilippi naby Kaapstad en werk steeds by die Afdelingsraad tot en met sy dood in 1968.

Sy vrou en kinders vertel met groot deernis watter goeie pa hy was. Hy was ’n ywerige tuinier en het groente uitgedeel aan sy bure in die straat waar hy gebly het.

Vir ekstra inkomste het hy mans se hare gesny en hierdie aktiwiteit het sommer ontaard in kuier tyd saam met sy vriende. Hy kon feitlik enige musiek instrument bespeel en het ’n sang stem gehad wat goed vergelyk het met die van  Jim Reeves. Naweke het hy sy gesin vermaak en die twee seuns moes help met die musiek makery.

 Lekker tye saam met hul pa was ook die ritte naWorcesterwaar daar gekuier is by sy swaer, Jan Schoeman. Daar moes eers bo-op die Du Toits kloof pas gestop en piekniek gehou word. Die kinders was in ekstase.

 Koos sterf vroeg in sy lewe aan ’n hart aanval. Hy kon nie sy kinders en kleinkinders sien grootword nie. Watter groot verlies was dit nie vir sy vrou en kinders nie.

 Sy herinneringe sal bly voortleef in die gedagtes van sy vrou en kinders en die vele tasbare oorblyfsels van sy bestaan, soos byvoorbeeld die medaljes wat in hierdie lewenskets breedvoerig behandel word.

 Die vier medaljes is almal deur Koos verwerf  tydens sy dienstydperk in die Tweede Wêreld Oorlog van 1941 tot 1945. Die brief van die destydse Minister van Verdediging gedateer 15 Maart 1946, dien as verdere bewys van sy betrokkenheid.

 Ek was baie gelukkig om in ’n betreklike kort tyd die besonderhede van Koos se verworwe medaljes te verkry. Sy seun Adriaan, het baie moeite gedoen om die medaljes te bewaar en netjies te laat vertoon.

Voorts het ek volledige besonderhede van Koos en sy medaljes op die Internet geplaas waar dit deur almal besigtig kanword by www.ww2awards.com  

Ek hoop ek kon met hierdie poging waarde toevoeg tot die gesin se herinneringe.

“Private”  Jacobus Adriaan Victor no. 227947 het meer as sy deel gedoen vir Volk en Vaderland.

Ons salueer hom…

MEDALJES VERWERF

DEUR “PRIVATE” nommer 227947

JACOBUS ADRIAAN VICTOR

 

MEDALJE 1

1939-1945 Ster

 

DIE 1939 – 1945 STER

THE 1939 – 1945 STAR

 

Die 1939 – 1945 Ster is ’n sespuntige ster van koper met die Koninklike monogram GRI  VI in die middel en dit is omring met die inskripsie The 1939 – 1945 Star. Aan die bokant is die Britse Koninklike Kroon. Die agterkant is blanko met die naam van die ontvanger daarop gegraveer.

 Dit is toegeken aan almal wat operasionele diens gedoen het vir ten minste ses maande gedurende die tydperk 3 September 1939(die dag waarop die oorlog begin het ) tot 15 Augustus 1945 (die einde van die oorlog)

 Die Lint is 1.25” breed met drie gelyke strepe wat onderskeidelik donkerblou, skarlakenrooi  en ligblou gekleur is. Die kleure verteenwoordig die drie gewapende magte.

MEDALJE 2

Verdedigings Medalje

 

DIE 1939 – 1945 VERDEDIGINGS MEDALJE

THE 1939 – 1945  DEFENCE MEDAL

 

Die 1939 – 1945 Verdedigings medalje is ’n sirkelvormige medalje wat vervaardig is uit kopernikkel. Aan die voorkant is ’n afbeelding van Koning George VI se kop wat na links kyk en die opskrif  GEORGEIVS VI  D: BR: OMN: REX ET INDIAE IMP:.  Aan die agterkant is die Britse Kroon wat rus op ’n klein eikeboom met twee heraldiese leeus aan weerskante. Die datums 1939 en 1945 verskyn in die boonste linker- en regterkant onderskeidelik. Aan die onderkant verskyn die woorde THE DEFENCE MEDAL.

 Die naam van die ontvanger is op die rand van die medalje gegraveer.

 Daar is verskeie vereistes wat aan die ontvanger van hierdie medalje gestel word. Dit is onder andere toegeken vir nie-operasionele diens buite die grense van die Land van die ontvanger. Die diens moes vir ten minste een jaar geduur het. As die area bedreig was deur die vyand of onderworpe was aan lug aanvalle, dan was die tydperk verkort na ses maande. Baie Suid-Afrikaners het gekwalifiseer vir die medalje na ses maande diens in Egipte ná 12 Mei 1943.

 Die Lint is 1.25” breed en het ’n vlam/oranjekleurige breë baan in die middel. Weerskante daarvan is ’n 4mm groen baan en in die middel daarvan ’n dun swart streep.

Die vlam/oranjekleurige en groen bane simboliseer die lugaanvalle en vernietiging van die groen lande van Brittanje. Die swart streep simboliseer die landwye afskakeling van die elektriese ligte van Brittanje.

 

 

 

MEDALJE 3

Afrika Diens Medalje

 

DIE 1939 – 1945  AFRIKA DIENS MEDALJE

THE 1939 – 1945  AFRICAN SERVICE MEDAL

 

Die Afrika Diens Medalje is ’n sirkelvormige medalje wat van silwer vervaardig is.

 Aan die voorkant is die kaart van Afrika en rondom die kaart die inskrywing Afrika Diens Medalje  Africa Service Medal. Aan die agter kant is ’n springende springbok.

 Dit is in 1943 ingestel en toegeken aan alle lede van die Unie van Suid-Afrika se verdedigingsmagte wat deelgeneem het aan operasionele diens as voltydse vrywilliger vir ten minste 30 dae diens tot en met 13 Mei 1943(die dag wat Afrika skoon verklaar is van die vyand).

Die naam van die ontvanger is op die rand van die medalje gegraveer. 

Die Lint is 32 mm breed met ’n oranjekleurige baan in die middel. Weerskante daarvan is ’n 3mm groenkleurige baan aan die buitenste rand en ’n 3mm goudkleurige baan aan die binnekant.

Die groen en goud verteenwoordig die Springbok kleure van die Unie van Suid-Afrika.

MEDALJE 4

1939-1945 Oorlogs Medalje

 

DIE 1939 – 1945 OORLOGS MEDALJE

THE 1939 – 1945 WAR MEDAL

 

Die 1939 – 1945  Oorlogs Medalje is ’n sirkelvormige medalje en is vervaardig uit kopernikkel. Die medaljes wat aan Kanada uitgereik is, is van silwer vervaardig. Dit is 1.4” in deursnee.

 Aan die voorkant is ’n muntstempel beeld van Koning George VI wat na links kyk en die opskrif GEORGEIVS  VI  D: BR: OMN: REX ET INDIAE IMP:.  Die agterkant vertoon ’n leeu wat bo-op  ’n draak staan. Die draak het twee koppe. Een is die van ’n arend en die ander van ’n draak.. Dit verteenwoordig onderskeidelik die Westerse en Oosterse vyande. Aan die bokant daarvan is die datums 1939 en 1945.

 Die medalje is op 16 Augustus 1945 ingestel.

 Daar is verskeie vereistes wat aan die ontvanger van die medalje gestel word. Dit is onder andere toegeken aan diegene wat ook die 1939 – 1945  Ster ontvang het. Die ontvanger moes ’n minimum van 28 dae operasionele/ nie-operasionele diens gedoen het.

 Die Oorlogs medalje uitgereik aan die Britse Magte was nie amptelik betitel nie, maar die wat aan die Suid-Afrikaanse- en Australiese magte uitgereik is, is wel amptelik betitel.

 Die ontvanger se naam is op die rand van die medalje gegraveer.

 Die Lint is 1.25” breed en is rooi, wit en blou met ’n nou rooi streep in die middel met ’n nou wit streep weerskante daarvan. Twee breë rooi strepe is op al twee buitekante met twee blou strepe tussenin.

BRIEF VAN DIE MINISTER VAN VERDEDIGING VAN

DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA

 

 

Brief van die Minister van Verdediging van die Unie van Suid-Afrika

 

“…Op jou roepstem sê ons nooit nee nie,

Sê ons altyd, altyd ja:

Om te lewe, om te sterwe-

Ja, ons kom, Suid-Afrika…”

                                                                     Uit: DIE STEM VAN SUID-AFRIKA

Jacobus Adriaan Victor

 

 

 Bronne

www.ww2awards.com

www.bidorbuy.co.za

www.google.com Images

Krygshistoriese Museum van Suid-Afrika

Adriaan Victor

Estelle Victor

Olive Grace Victor née James

Mev. JE Van Jaarsveldt – Dokumentasie afdeling van die Departement van Verdediging

Claassen, J.H., Ongepubliseerde familie navorsing.

© 2011 Johann H Claassen

Post Navigation