johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Archive for the category “Biographies”

The Impact of Dutch Culture on Society

Dutch culture has had a significant impact on society, both in the Netherlands and around the world. Some examples include:

1. Art and Architecture: Dutch Masters like Rembrandt, Vermeer, and Van Gogh have greatly influenced the art world. Dutch architecture, such as the Amsterdam School style, has also had a lasting impact.

2. Liberal Values: The Netherlands is known for its tolerant and open society, with a strong emphasis on individual freedom and human rights.

3. Science and Innovation: The Netherlands has a rich scientific history, with notable figures like Descartes, Spinoza, and Huygens. Today, it’s a hub for innovation, technology, and sustainability.

4. Language: Dutch is spoken by millions worldwide and has influenced other languages like Afrikaans and Papiamento.

5. Cuisine: Dutch cheese, chocolate, and baked goods like stroopwafels and herring have become popular globally.

6. Social Tolerance: The Netherlands has a long tradition of accepting refugees and promoting social cohesion, influencing other countries’ approaches to integration and diversity.

7. International Relations: The Netherlands has played a significant role in international diplomacy, trade, and development, shaping global governance and cooperation.

8. Colonial Legacy: Dutch colonialism has had a profound impact on societies worldwide, with both positive (e.g., language, architecture) and negative (e.g., exploitation, cultural erasure) consequences.

9. Economic Influence: The Netherlands is a significant economic power, with a strong focus on trade, finance, and entrepreneurship, influencing global markets and commerce.

10. Cultural Exchange: Dutch culture has been shaped by international influences, and in turn, has contributed to global cultural diversity, enriching societies worldwide.

These examples demonstrate the significant impact of Dutch culture on society, both within the Netherlands and beyond its borders.

Picture: part of Meerlust near Stellenbosch as painted by Johann Christian Frederici in 1797

@johannclaassen & Meta AI

MATJIESFONTEIN – Juweel van die Karoo

Silk Road’s Impact

User

The Silk Road refers to a network of trade routes that spanned over 4,000 miles and connected China with the Mediterranean world, passing through central Asia, India, and Persia. It was the most important trade route of its time, and played a crucial role in the development of civilization in both the East and the West.

The origins of the Silk Road date back to the second century BCE, when Chinese Emperor Wu Di of the Han dynasty sent Zhang Qian, a diplomat and explorer, on a mission to establish alliances with neighboring tribes. During his travels, Zhang Qian discovered new trade opportunities and routes that would eventually become the Silk Road.

The name “Silk Road” is derived from the fact that silk was one of the most important and valuable goods traded along this route. The Chinese had a monopoly on silk production and they kept the manufacturing process a closely guarded secret. This made silk a luxury commodity that was highly prized in the West. Other goods that were traded along the Silk Road included spices, tea, jade, ivory, and porcelain.

The Silk Road was not just a trade route, but also a conduit for the exchange of ideas, culture, and religion. As traders moved along the route, they shared knowledge and technologies with each other. Buddhism, for example, was introduced to China from India through the Silk Road. Similarly, Chinese technologies such as paper-making and gunpowder were introduced to the West through this route.

The Silk Road declined in importance during the 15th and 16th centuries, as European powers began to establish direct trade routes with Asia. However, its legacy lived on, and the impact of the Silk Road can still be seen today in the global trade network.

One of the most significant impacts of the Silk Road was the development of global trade. The Silk Road facilitated trade between different regions and cultures, and paved the way for globalization as we know it today. The exchange of goods, ideas, and technologies along the Silk Road paved the way for the development of new industries and innovations.

Another impact of the Silk Road was the spread of cultural and religious ideas. As traders moved along the route, they shared their beliefs and practices with each other. This led to the spread of Buddhism, Christianity, and Islam, among other religions, across Asia and Europe.

The Silk Road also played a role in the development of diplomatic and political relations between different countries. Through trade, different nations developed diplomatic ties and alliances that would eventually shape the political landscape of the world.

In conclusion, the Silk Road was a remarkable achievement of human ingenuity and resilience. It played a vital role in the development of global trade, cultural exchange, and political relations, and its legacy can still be felt today. As we continue to navigate an increasingly interconnected world, the Silk Road serves as a reminder of the importance of cooperation, exchange, and openness to different cultures and ideas.

Oudtshoorn: ‘n Herbesoek

Dorpsplan van Oudtshoorn soos opgestel deur landmeter, J Ford in 1847. Inderdaad ‘n unieke uitleg.

Oudtshoorn: kerkdorp, velskoendorp, Platkopsdorp en my geboorteplek. Deel van die Klein-Karoo waaroor Pauline Smith skryf: The Little Karoo is a plain (with everywhere prospects of magnificent ranges) upon which are cultivated vines, tobacco, grain, and especially ostriches, but only in rare patches – where water can be persuaded out of the earth. This water is brackish; for drinking-water the inhabitants have to depend on rain hoarded in tanks; happily there is rain, and happily the rain-water will keep sweet for six months.

Dit is algemeen bekend dat die waterhof wat die Oudtshoorn landdrosdistrik bedien het  in ’n stadium die besigste van alle waterhowe in die land was.

Die eerste plaas  in die distrik was reeds in 1760 uitgegee – aan Claas Grobbelaar – en vandaar die naam van die rivier wat deur die dorp vloei, die Grobbelaarsrivier.  Die buitekerk was reeds in 1839 daar as deel van die George-gemeente. In 1853 kry hulle ’n volwaardige gemeente (sien Die NG Moedergemeente Oudtshoorn. 1853-1953. | johannclaassen (wordpress.com)), in welke jaar die beplanning vir ’n kerkgebou begin het. Dan begin hulle bou en staak weer later weens tekort aan fondse en probleme met die argitek, ens. Uiteindelik, in 1877, gaan die bouery weer voort, hierdie keer met Carl Otto Hager as die nuwe argitek. In/uit daardie gebou is baie van my voorsate en familie gedoop, aangeneem, voorgestel, getroud en begrawe. Ekself het my ook seker verwonder aan die hoë dak, die oom wat my kop natmaak met water nadat ek reeds die oggend gebad het en die engeltjies daar rondom die doopvont. Tot dusvêr kon ek reeds meer as 800 CLAASSENs van die dorp en distrik in my familieregister vaslê. Dan is daar ook nog die aangetroudes…

Die binnekant van die NG Moedergemeente, Oudtshoorn. Foto: Wikipedia

Die kaart van Oudtshoorn dateer 1847 en is opgestel deur landmeter J Ford. Voorsiening is ook deur hom gemaak vir ’n leiwatersloot uit die Grobbelaarsrivier met waterbeurte wat volgens ’n rooster bepaal word. Sluise in die leiwatersloot was op sekere tye en dae oopgemaak om water af te keer na erwe wat regte gehad het. In die maand van my pa se afsterwe in 2002, het hy ook van dié water gebruik om sy mielies mee nat te lei. Op die dag van sy dood was die mielies bekwaam en gereed om geoes te word.

Bronne:

Smith, Pauline. (1st published 1925). The Little Karoo – ten stories.

Fransen, Hans. (2006). Old Towns and Villages of the Cape.

Claassen, Johann H – ongepubliseerde familienavorsing

Potgieter’s Baij

Daar in 1785 kom ’n gewapende skip, die Pigot, van die Engelse Oos-Indiese Kompanjie in die nou, St Francis Baai, aan. Daar is ongeveer 100 siekes aan boord en hulle word toe ewe vriendelik ontvang deur ’n boer wat daar naby die Krommerivier geboer het. Ene F Potgieter. Hy bied huisvesting en hulp aan, maar sonder om dit aan die landdros te rapporteer. ’n Groepie van dié wat nie siek is nie besluit toe om met ’n wa die Kaap te besoek en toer toe heel lekker al-etende-en-drinkende langs die pad totdat die landdros van Swellendam bewus word van hul bewegings en begin navraag doen. Terstond word Potgieter na die Kaap ontbied sodat hy behoorlik uitgetrap kan word oor sy nalatigheid en versuim. Wat presies met hom gebeur het, weet ons nie, maar in dieselfde jaar trek een van die Engelse offisiere van die skip, ene lt. JH Child, ’n kaart van die plek op en skryf ook sommer daarop wat mens nou alles daar kan koop ensovoorts.

Maar die belangrikste gedeelte is waar hy skryf: A Cart of a Baij on the South Coast of Africa, in which the Hon Comp’s ship Pigot, Lt. Morgan, commander anchored on 2nd May 1785 – it has no name, but shall it call after the Man, that lives in the farm house, on the hill, *POTGIETER’s BAIJ*. (word vervolg)

Kaart van Krommerivier en Potgieters Baai – 1785 Lt. JH Child

Bronne

https://nationaalarchief.nl

© 2023 Johann H Claassen

Dassen Eijland se Traanbranders

Ongeveer 47 kilometer noord van Kaapstad en so 7 kilometer van die Weskus se Jakkalsfontein,  lê Dasseneiland (Dassen Eijland). ’n Lae sanderige eiland met fynbos, kleinerige diertjies en reptiele asook verskeie soorte seevoëls, m.a.w., dis ryk aan bio-diversiteit. Dis ’n beskermde gebied waar die publiek nie toegelaat word nie. Dis een van 34 ondersese berge aan die Weskus waarvan die spitse bokant die water uitsteek. Dit beslaan 222 hektaar en is 4.5 x 2 kilometer groot. Dis verder bekend vir sy 28 meter hoë ligtoring/vuurtoring wat in 1893 opgerig is teen ’n koste van £14 832.0.2. Tot in 1974 is guano – ’n uiters gesogte bemestingstof – hier geskraap.

Aanduiding waar Dasseneiland geleë is in vehouding tot Kaapstad

Minder bekend is die feite dat die eiland eers die naam, Lisla d’Elizabeth, gedra het. Só vernoem na die vrou van een van die eerste besoekende skeepskapteins aan die eiland, die Nederlander, Joris van Spilbergen, in 1601. Brandhout en water het hy nie daar gekry nie en op 29 November verlaat hy die eiland en vaar na Tafelbaai waar hy probeer om kleinvee te ruil by die inboorlinge vir rantsoene vir sy skeepslui. Hy faal ietwat gruwelik daarin en stuur op 14 Desember ’n seilboot, gelaai met sout, vate en ander gereedskap na Elizabeth-eiland om dassies en pikkewyne te slag en in te lê as rantsoene. Lewendige dassies is ook saamgebring en losgelaat op Cornelia-eiland (later Robbeneiland) vir aanteling en latere gebruik.

Die Engelse reisiger, Edward Michelbourne, besoek Elizabeth-eiland in 1605 en herdoop dit na Cony Iland (sic) – na aanleiding van die dassiekolonie op die eiland. Met van Riebeeck se aankoms in 1652 was dit reeds as Dasseneiland bekend, maar hy verwys dikwels daarna as Ilha Elizabeth.

In Februarie 1653 is daar in alle erns begin om dié eiland te ontgin. Vir eers is die dassies se vleis gebruik om die matrose van die retoervlote te voed om sodoende die bees- en skaapvleis te spaar. ’n Galjoot is gestuur en daarop is teruggebring, vate met 160 ingesoute dassies asook 100 lewendiges. Van Riebeeck het intussen verneem dat daar groter winste te maak is uit die slaan van robbe omdat die pels baie vinnig teen 3 gulden verkoop kon word in Nederland. Werk is dadelik daarvan gemaak om die gereedskap (houtknuppels met ysterbeslag) gereed te kry vir die volgende somer. Maar die Franse was hulle een voor…

In die vroeë lente van 1653 is daar gevind dat ’n gewapende Franse skip en haar seelui reeds ses maande besig was om traan te brand op dié eiland asook ander omliggende eilande. Hulle was reeds in besit van 38 000 pelse, maar hulle behoefte was nog nie vervul nie. Hulle moes padgee, maar vir van Riebeeck en sy mense was daar nie veel oor nie. Aan die einde van 1653  sou hy weer  ’n klompie robslaners stuur en ses weke later het hulle met 5 373 pelse en ses vate traan teruggekeer. In Februarie die daaropvolgende jaar is daar weer ’n ekspedisie gestuur en hulle het 2 000 pelse en vyf vate traan ingesamel.

Teen 1655 is daar oor twee seisoene 72 000 robbe doodgemaak. Teen einde 1657 het van Riebeeck die buitepos laat sluit want dit het nie meer gegee wat hulle graag nog sou wou gehad het nie.

Op ’n kaart van 1656 is die stoor ‘de loots St Elizabeth’ en ’n kapstylhuisie te sien. Laasgenoemde het die kookpotte vir die brand van die traan gehuisves. Nadat die robbe gedood is, is die spek afgesny en in ketels uitgekook. Die traan is dan in koelbakke opgevang om dit af te koel en te suiwer. Die kookproses is op die eiland afgehandel en die traan is dan in vate na Tafelbaai verskeep.

In 1977/78 het ek en Estelle die voorreg gehad om ’n moderne traanbrander te ontmoet. Tant Anna Nowers van Buffeljachtsstrand, anderkant Bredasdorp en naby Wolvengat (Viljoenshof). Haar man en haar werkmense (almal robslaners) het soggens douvoordag na ’n nabygeleë eiland vertrek om robbe te gaan slaan en skiet. Dan sou hulle terugkom, die robbe afslag – waarmee sy gehelp het – en dan het sy dadelik begin om die robolie af te kook (traanbrand). Die olie is in 44 gelling dromme getap, op haar bakkie gelaai en dan het sy self die dromme olie na Kaapstad aangery. In die nagtelike ure teruggekeer, om die volgende môre weer gereed te wees vir die volgende bedrywige dag!

‘n 1656-kaart van Dasseneiland wat die kapstylhuisie en die ‘de loots Elizabeth’ aandui.

Bronne:

Sleigh, D. (2004) Die Buiteposte – VOC-Buiteposte onder Kaapse bestuur 1652-1795.

Shrire, Carmel. (2015) Historical Archaeology at the Cape – the Material Culture of the Dutch East India Company (VOC).

Hoberman,Gerald. (2009) Lighthouses of South Africa

De Wet, GC. (1981) Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting – 1657-1707.

www.nationaalarchief.nl

© 2023 Johann H Claassen

Die Windpomp

Die windpomp was en is  ‘n baie belangrike stuk gereedskap vir baie boere in Suid-Afrika, veral in die droë en dorre Karoo en ander water-arm dele van die land. Dit het ‘n groot impak op die boerderybedryf gehad en het baie boere in staat gestel om op afgeleë plekke te bly en te boer.

Die windpomp, wat ook bekend staan as ‘n windmeul of windpompmolen, is ‘n toestel wat water uit die grond kan pomp deur windkrag te gebruik. Dit het die behoefte aan handpompe en ander, minder effektiewe maniere van ondergrondse wateronttrekking, verlig.

Dit is in die vroeë 1800’s in Europa ontwikkel en het na Suid-Afrika gekom in die 19de eeu. Dit het ‘n groot invloed op die Suid-Afrikaanse boerderybedryf gehad omdat dit boere in staat gestel het om ondergrondse water  te pomp sonder om totaal  afhanklik te wees van riviere en damme – hoewel dit ook gebruik was om water uit damme en riviere te onttrek en te pomp na hoërliggende reservoirs vanwaar dit dan na die boer se huis gevloei het met ’n waterpyp.  Veesuipings het ook baat dáárby gevind.

Die windpomp is ‘n relatief eenvoudige toestel en bestaan ​​uit ‘n vertikale toring, ’n horisontale as,  en ‘n pompmeganisme wat deur ‘n windwiel/rotor aangedryf word. Die wieke draai om die as as daar wind is, en dit sit dan ‘n silinder aan die beweeg wat water uit die grond pomp.

Die windpomp is ‘n uiters betroubare en duursame toestel wat min onderhoud nodig het. Dit is nie net effektief nie, maar ook goedkoop om te bedryf omdat dit nie elektrisiteit of fossielbrandstof benodig nie.

Die eerste windpompe is aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika vervaardig toe dit algaande onmoontlik geword het om dit in te voer. Tot in daardie stadium is die Suid-Afrikaanse mark  oorheers deur die Amerikaanse vervaardigers wat soveel as 80% van alle windpompe in die land voorsien het. Teen 1942 was Stewarts & Lloyds van Vereeniging die vervaardiger  van die Climax-windpompe. Suid-Afrika was nou  deel van die groter windpomp-mark in die wêreld.

Alhoewel die Britse windpompe onder lisensie van Thomas en Seun in Suid-Afrika vervaardig is, is die ontwerp daarvan  verskeie kere aangepas en selfs verander as gevolg van inligting verkry uit die Weerburo se 1956-publikasie, Surface Winds of South Afrika. Die gemiddelde windspoed in Suid-Afrika is bereken op 7,3 myl (11.747km) per uur en in 1957 is die konstruksie van die wiel en stert aangepas vir maksimum effektiwiteit teen ‘n laer sowel as ’n aanvanklike windspoed van sewe myl (11.26km) per uur. Dié  windpomp, die eerste ware Suid-Afrikaanse een, het uitstekend verkoop. James Walton, toenmalige kenner van Suid-Afrikaanse windpompe, haal Frank Mangold aan wat in 1957 beweer het dat sowat 12 000 windpompe jaarliks verkoop word en dat  97,5% hiervan waarskynlik in Suid-Afrika vervaardig word.

Die gewildste windpomp was die Climax, die Suid-Afrikaanse weergawe van die Britse windpomp.

Behalwe die Climax, was daar ook die  Gearing, M & S Rotor, Malcomess-Buffalo Double Geared Oil Bath, President, Southern Cross en Springbok windpompe – sommige met patrioties-resonerende name.

Die windpomp het ‘n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse boerdery gespeel en is steeds ‘n bekende gesig in landelike gebiede van die land.

© Johann H Claassen

Boere Park, George

As kind het ek gereeld saam met my ouers vanaf Oudtshoorn na George gereis. Oor die kronkelrige Outeniekwapas om vir oom Koos en tant Lenie Haggard te gaan kuier. Oom Koos was seker een van die beste dieselwerktuigkundiges wat hierdie aarde bewandel het. Uiteindelik was dit ook diesel-vergiftiging wat sy lewe geëis het. Soms het ons oorgeslaap by oom Koos-hulle en ander kere het ons dieselfde aand teruggekeer oor ’n donker pas in erge mistigheid gehul en met net die katogies as jou gids. Al het jy jou pa hóé agter daardie stuur vertrou, was dit maar telkens ’n vreesaanjaende ondervinding. Meer as vyftig jaar later sou ek uitvind dat my oupa Waterson iewers in die wawyd-wye Yorkstraat gebore is. Dieselfde straat waar T Watkins, ’n algemene handelaar, saalmaker, harnasmaker en leerlooier sy besigheid gehad het. By hom kon jy produkte koop deur te betaal met velle en goedere wat die koper produseer. My oupa se familie, my moeder inkluis, was onder die indruk dat hy (my oupa)  in Mosselbaai gebore was, maar dis ’n storie vir ’n ander dag …

Duiwelskoppas/Cradockpas

Die Outeniekwapas is die vierde pas oor die Outeniekwa-bergreeks. Die eerste een,  Duiwelskoppas kan kwalik ’n pas genoem word, maar dit was ’n oorgangsroete en al moes die wa soms heeltemal uitmekaargehaal, stuk-stuk oor berg-en-dal gedra word, weer aanmekaar gesit word, was die reis, oor wat hulle gereken het die korste roete was in daardie stadium, voltooi. Maar die meer gewilde roete via George na die oostelike gedeelte van die land was die roete verby Pampoenkraal (nou Saasveld en Woodfield). Pampoenkraal was ’n gewilde uitspanning en het behoort aan Barend Hendrik Stander, seun van Heinrich (later Hendrik) Stander van Bremen, Duitsland, ’n messelaar en bottelier van beroep. Hy het agt seuns gehad en drie, waaronder Jan Hendrik en Barend Hendrik het na Suid-Afrika gekom. Barend, die eienaar van Pampoenkraal, was met Maria Elizabeth Barnard getroud.

Pampoenkraal naby George
Montagupas

Die tweede pas, Cradockpas,  waarmee in 1812 begin was, was ’n ongemaklike 5 ½ myl pas wat ’n wa en osse soms tot drie dae geneem het om oor te steek en met ’n goeie perd, 3 ½ uur. Daarna is die Montagupas aangelê wat 1844 ’n aanvang geneem het. Laasgenoemde pas het ek dikwels as kind beleef en ek onthou die gedurige gedruk van die toeter voor die skerp draaie om aankomende verkeer te waarsku dat jy op pad was in hulle rigting. Vir ons as kinders was dit nogal groot pret. Later jare, toe self ’n pa met drie kinders, het ek weer die pas aangedurf en watter pret was dit nou nie! Die kinders het my gereeld aangepor om ’n bietjie vinniger te ry, maar ek het van beter geweet en aangekruie op my eie tyd. Totdat ’n  jongman op sy dikwielfiets ons met ’n bekwame spoed verbysteek! Jare  daarna was ek steeds gespot oor hierdie komiese voorval.

Montagupas. Die man op die fiets gaan ons verby met bekwame spoed!

Die Koning van alle passe, naamlik die Outeniekwapas, is op 19 September 1951 deur die destydse minister van vervoer, Paul Sauer, geopen. Die baasbrein agter die ontwerp van die Outeniekwapas was Pieter Agricola de Villiers (1904-1991), ’n siviele ingenieur en boorling van George. Hy het bekend gestaan as die vader van verbypaaie in Suid-Afrika. Hy was as hoofingenieur van nasionale paaie veral bekend vir die beplanning van die ringpad om Johannesburg, die ontwerp en beplanning van die Outeniekwapas tussen George en Oudtshoorn, die Du Toitskloofpas en die roetebepaling van die Hugenote-tonnel tussen die Paarl en Worcester. Die Nasionale pad (N1) tussen Kaapstad en die Paarl is deur sy toedoen uit Voortrekkerweg verlê. Hy was ook verantwoordelik vir die Faure-kuspad vanaf Gordonsbaai, die nuwe pad tussen Pietermaritzburg en Durban asook die Olifantskoppas en die Wykiespoorttonnel. Hy is in 1987 deur die SA Instituut van Siviele Ingenieurs vir sy werk vereer en het in 1989 die Staatspresident se toekenning, die Orde vir Voortreflike Diens (silwer) ontvang. Honderde werkers het help bou aan die pas, onder andere ook tussen 200-500 Italiaanse krygsgevangenes. Anders as wat die mite dit wil hê , was geeneen van hulle padmakers/bouers nie. Daar was kokke, tuiniers, sangers, musikante, kelners, bakkers, slagters, haarkappers,  ensovoorts, maar nie ‘n enkele een wat iets geweet het van padbou nie. Dit het een van die ingenieurs na sy pen laat gryp en geskryf  dat die 500 krygsgevangenes verwyder en vervang moes word met 250 swart werkers sodat die werk kan aangaan!

Intussen het die ekonomie gegroei en so ook die groter behoefte aan spoorvervoer. In 1907 was George uiteindelik aan Mosselbaai met ’n spoorlyn verbind en sommer die volgende jaar al, is begin met die lyn tussen Oudtshoorn en George vanaf die George-kant. In 1911 is daar ’n begin gemaak vanaf Oudtshoorn en in 1913 het die twee bouspanne mekaar die hand gegee by Doornrivier, ’n entjie weg van Zebra waarvan ek nou die ander dag gepraat het.

Sterfdokument waar melding gemaak word van Boere Park

Maar ek het eintlik gekom om te praat oor Boere Park (in argivale dokumente ook geskryf as Boerepark en Boer Park). ’n Tyd gelede kom ek af op een van my agterkleinneefs se boedeldokumente. Daar staan toe geskryf dat dié man gewoon en gesterf het op Boere Park, George. Ek kon toe nie onthou of ek al ooit van die plek gehoor het nie en dis tóé dat ek begin krap. Met die bou van die spoorlyn vanaf George was daar, soos in die geval van die bou van die Montagupas, van gevangenesarbeid gebruik gemaak. Twee tydelike gevangenisse (convict stations) was opgerig aan die voet van die berg; een by die Boere Park en die ander een by Power (’n sylyn wat steeds bestaan). Boere Park moet egter nie verwar word met  Blanco nie. Blanco het sy ontstaan as ’n  kamp vir die toesighoudende ingenieurs ens. wat opgerig is tydens die bou van die Montagupas. Dié grond was deel van ’n Claassen-plaas, genaamd Modderrivier. Henry Fancourt White was die hoof-ingenieur van die  projek en vir die goeie werk wat gedoen was, was daar aanvanklik besluit om die nedersetting wat ontstaan het uit die kamp, na hom te vernoem. Dit sou Whitesville heet. Daar was egter besware teen die naam en is die Latynse term vir White, naamlik Blanc(o), in 1847 toegeken. In 1849 het White nog 370 morg van Modderrivier namens die regering aangekoop om voorsiening te maak vir ’n hotel, skool, ’n mark en ander openbare geriewe. Dus is Blanco to verdeel in ’n Blanco vir die regering en ’n White Blanco. Ná  ongemaklikhede tussen hom en die Raad van Paaie, bedank White in 1853 en die volgende jaar word hy verkies as die verteenwoordiger van Port Elizabeth in die ou Kaapse Parlement. ’n Pos wat hy slegs vir ’n jaar beklee. Daarna het hy hom beywer vir die ontwikkeling van Blanco, die dorpie. Hy stig ook die George Bank, maar gedurende 1860 moes  dit sluit weens die ekonomiese depressie. Finansieel het dit hom erg teruggesit, maar hom nie laat afsien van sy planne om sy Blanco-huis te voltooi nie. White sterf op 6 Oktober 1866 op 55-jarige ouderdom en in redelike armoede. In 1875 word die tien slaapkamer-woning op ‘n veiling geplaas, maar dit word nie verkoop nie. Op 26 Mei die volgende jaar word dit verkoop aan Henry de Marillac, die eienaar van die skoenfabriek op Blanco. De Marillac speel bankrot en op 19.12.1879 word Blanco-huis die eiendom van landmeter MJ Adams. Hy herdoop dit na Homewood en bly daar tot in 1903. Hy het dit intussen probeer verkoop, maar niemand stel belang  nie. In 1903 bied hy dit weer aan en die enigste seun van White, Ernest Fancourt White koop dit vir £3250.00 en herdoop dit na Fancourt. Toe Ernest sterf, was sy seun, Montagu White, slegs 11 jaar oud. Op 17-jarige ouderdom word hy ’n klerk van die landdros op Willowmore en daarna King Williamstown. Sy moeder sterf toe hy 18 jaar oud is en hy word toe die nuwe eienaar van Fancourt. Na verskillende poste en posisies in die openbare sowel as privaat lewe, word hy Kommissaris van Myne en spesiale landdros in Boksburg. Hy was ook betrokke by die beplanning en ontwerp van die baie bekende (en berugte) Boksburg-meer. Tydens Paul Kruger se tyd as president, word hy die Transvaalse Konsul in Londen, ’n pos wat hy tot 1900 beklee. Gedurende 1900 tydens die ABO vertrek hy na die VSA waar hy hom beywer vir simpatie en hulp aan die Boere. Hy was ses tale magtig en later vertrek hy na Engeland waar hy tot die Balie toegelaat word, maar praktiseer nie. Hy ontmoet en trou met ’n Engelse dame, maar sy wil nie in Suid-Afrika woon nie met die gevolg dat hy heen-en-weer pendel. Die paartjie neem twee dogters aan en een van hulle word me. Barnett-Clark van Kaapstad.

Topografiese kaart waar Modderrivier aangedui word.
Kaart waarop Power, die sylyn, aangedui word

Montagu White doen aanbouings aan Fancourt met die oorspronklike fondasies en is die dryfveer agter die, nou uiters gewilde, vakansieplek, Wildernis. Hy toon groot belangstelling in kerklike sake en sien toe dat die dakspane van Fancourt op die Engelse kerk in Blanco, se dak aangebring word. Hy het ook die kuns vir die maak van matte aangeleer en sommige daarvan het hy geskenk aan die St Mary’s Church in Blanco.

Die oorspronklike Fancourt woning

Maar toe gebeur daar iets wat min mense van vandag weet: Een aand in April 1916 bied Montagu ’n partytjie aan in die Fancourt-woning. Ek kan net dink watter deftige geleentheid dit sou wees. Van die gaste was sy suster, Elizabeth Ham, me. Nellie Vintcent, vrou van Sydney Vintcent (van Oudtshoorn en heel waarskynlik van die handelaar Prince Vintcent),  en hul seun. Montagu, ’n liefhebber en kweker van sampioene, het dié  aand ook sy lekkernye aangebied en dit self gaan oes waar hy dit in ’n kelder onder die huis gekweek het. Ongelukkig was daar ook ’n giftige indringer onder sy eksotiese sampioene en sterf hy, sy suster en me. Vintcent ná die eet daarvan.

Besonderhede van Montagu White se sterfte

Boere Park is feitlik teenaan die spoorlyn geleë, soos gesien kan word op die topografiese kaart van George en aangedui as Boerpark.  Sommige kaarte dui dit glad nie aan nie, maar die ligging is ook duidelik te sien op die Google-kaart wat hiermee saamgaan. Soos dit maar met die meeste doelgemaakte nedersettings gaan, vind daar ontwikkeling plaas en kort voor lank het dit sy eie kerk, skole ensovoorts. In sommige gevalle raak dit beter en in sommige gevalle is daar agteruitgang.

Boere Park omkring in rooi

Tans is Fancourt internasionaal bekend as ‘n gholf-landgoed.

Fancourt gholf-landgoed

In 1997 is die Outeniekwapas  weer opgradeer. Nodeloos om te sê dat hierdie passe jou deurgaans herinner aan die absolute skoonheid van die natuur en die mooi dorp, George.

Bronne:

Sayers, Chas. O, Looking Back on George – a medley of musings and memories. 1982

Stals, ELP, George – die verhaal van die dorp en distrik.

Wes-Kaapse Argief- en Rekorddiens

Claassen, JH, ongepubliseerde familiegeskiedenis

Google Maps

© Johann H Claassen 2023

Oor … Oumagrootjie Gertruijt WILLEMSE

Ontmoet my 7 x oumagrootjie (aan vaderskant), Gertruijt WILLEMS(E)[dogter van Willem], gebore en gedoop 1650 in Huissen, Gelderland, Nederland en dogter van Willem BERENS en Elisabeth TEN HOOF. Op 28.9.1670 trou sy in Amsterdam met Hans HELMIS gebore ca. 1644 van Lübeck, Schleswig-Holstein, Duitsland, seun van Hans HELMES en Anna BOLKE. Die egpaar kom in 1671 in die Kaap aan. Uit hierdie huwelik is 5 kinders gebore van wie Dirkje (Dirckien) een was. Dirkje trou met Cornelis KNOETZEN en uit daardie verbond word 9 kinders gebore. Een van hulle was Aletta KNOETZEN wat toe later met my stamvader, Clausz CLAUSZEN, trou. Die interessantheid in hierdie paar feite lê daarin geleë dat Gertruijt ook in my mitokondriale-lyn voorkom – m.a.w., my ma, se ma, se ma, se ma … -lyn. Dirkje is oorlede tydens die Pokke van 1767 aan huis van my stamvader – haar skoonseun. Daar langs die Gouritzrivier. Hyself is toe ook dieselfde tyd oorlede. Een het dalk die ander een aangesteek …?

My mitokondriale-lyn
Gertruijt se doop inskrywing. In Latyns gedokumenteer

‘n Lieflike Toevalligheid

Die liefde het redelik vinnig geblom…

Wat doen jy in die vroeë 1900’s vir ontspanning op ’n eiland sonder radio, televisie, die internet of WhatsApp? Jy swem dalk of jy draf, dalk lees jy of gaan sommer net stap. Matthys Michiel LOUW (1889-1977) het hom, nadat sy dagtaak klaar was by die hospitaal vir melaatses op Robbeneiland, besig gehou met draf – al om die eiland, ’n sirkelroete van meer as tien kilometer. Iemand het eendag na die eiland gekom om saam met hom te oefen, maar het ná ’n kilometer tou opgegooi. Matthys was net té blitsig vir dié oefenmaat. ’n Ander tydverdryf waarmee Matthys hom  besig gehou het, was om by die hawe te wees wanneer bote met besoekers of pasiënte aangekom het. Eendag, iewers in 1920,  was hy weer daar met die aankoms van ’n boot. Die passasiers was destyds met ’n rottangmandjie ingekatrol van die boot tot op die hawe. Met die afstap van die besoekers merk hy ’n aanvallige nooi met haar koffers en dit lyk vir hom of sy daarmee sukkel. Hy bied vriendelik aan om haar te help en sy laat toe dat hy haar koffers dra. Hulle vind mekaar se geselskap aangenaam en, soos gewoonlik, lei die een ding na die ander. Hy verneem dat sy by vriende (deel van die personeel) kom kuier en sou dus ’n paar dae daar vertoef.

Hierdie jong dame was Engela Alida CLAASSEN, ’n 30-jarige  kleremaker en in daardie stadium woonagtig in Kaapstad. Sy is op 29.2.1890 gebore op Oudtshoorn as dogter van Nicolaas Lodewicus CLAASSEN, ’n groentehandelaar en Steina Christina Elizabeth BRüMMER (familie van die Brümmer wat met CJ Langenhoven se dogter, Engela,  getrou het). Engela Alida was voorheen getroud met Cornelius Johannes NORTJE, ’n boer, ook daar van Oudtshoorn. Hulle skei egter in 1920 en dit sou seker veilig wees om aan te neem dat sy daardie tydjie op Robbeneiland gebruik het om dalk te probeer  vergeet van die  spanningsvolle tyd wat sy agter die rug het.

Die liefde het redelik vinnig geblom tussen Engela en Matthys en op 9.11.1920 haak die paartjie af in die Kaapstadse landdroshof. Uit die huwelik word vier kinders gebore onder andere, Matthew (Matt) Michael LOUW wat op 22.4.1922 op Robbeneiland sy eerste lewenslig aanskou. Matt was in 2010 die oudste lewende boorling van dié eiland. Matthys en Engela het gedurende die 1920’s verhuis na Oudtshoorn nadat hy bedank het as verpleër by die hospitaal en ’n pos by die Suid-Afrikaanse Spoorweë gekry het. Daaroor was Engela natuurlik bly want dis waar haar ouers nog gewoon het. Die hospitaal en ander verwante geboue is in 1931 in opdrag van die regering afgebrand nadat dit gesluit het en die pasiënte na elders verskuif is. Matt sou later vir ‘n tyd as radiotelegrafis  gedurende WOII weer terugkeer na sy geboorteplek (Robbeneiland). Die reuse- kanonne wat steeds te sien is op die eiland is deel van die swaar wapentuig wat die destydse Unie-Mag daar staangemaak het. Die meeste van die 70 000 bome wat deur die pasiënte op die eiland aangeplant was, was deur die Weermag uitgekap om onder andere plek te maak vir ’n landingstrook vir militêre- en ander vliegtuie.

Engela Alida sterf op 19.5.1965 in Woodstock, Kaapstad.

Die meer interessante gedeelte vir my is toe Matt  in 1950 in die huwelik tree met Ruby WARNER en uit dáárdie huwelik word Rob LOUW, die kranige Springbok-rugbyspeler,  gebore wat hom ’n (4x) neef van my maak.

Bronne:

Die Burger se BY 6.11.2010

De Villiers, Simon, Robben Island – Out of Reach, Out of Mind. 1971

CLAASSEN, JH., ongepubliseerde familienavorsing

© Johann H Claassen 2022

Post Navigation