johannclaassen

Ek skryf (gewoonlik) soos dit is…

Archive for the category “Genealogie”

Unveiling the Legacy: The Importance of Researching Female Ancestors

Illustration by Bing

Throughout history, the narratives of women have often been overshadowed by the prominence of their male counterparts. Yet, within the intricate tapestry of familial histories, the stories of female ancestors are equally vital, offering unique perspectives and enriching the understanding of one’s heritage. This essay delves into the significance of researching female ancestors, illuminating their roles, challenges, and contributions, and explores strategies to overcome the obstacles encountered in tracing their lineage.

Preserving Legacies:

Delving into the lives of female ancestors is essential for preserving the holistic narrative of familial legacies. While patriarchal naming conventions may obscure their identities through surname changes upon marriage, their stories remain integral to understanding the fabric of family history. By uncovering the experiences, struggles, and triumphs of these women, we honor their contributions and ensure that their legacies are not lost to the passage of time.

Empowering Narratives:

Researching female ancestors empowers individuals to reclaim lost narratives and amplify voices that have been historically marginalized. Through their stories, we gain insights into the socio-cultural contexts in which they lived, challenging traditional historical narratives that often overlook the roles and agency of women. By amplifying these voices, we enrich our understanding of past societies and celebrate the resilience and contributions of women throughout history.

Challenges and Solutions:

Tracing the lineage of female ancestors presents unique challenges, primarily due to the changing of surnames upon marriage. However, innovative research strategies can help overcome these obstacles. One approach involves exploring alternative records such as marriage certificates, church registers, and legal documents, which often provide vital clues to trace familial connections. Additionally, collaboration with genealogical societies, local archives, and online databases can uncover hidden gems and facilitate the reconstruction of female lineages.

Exploring Alternative Records:

Marriage certificates serve as invaluable resources for tracing female ancestors, providing insights into their maiden names, spouses, and marriage dates. Church registers, particularly in communities with strong religious ties, offer a wealth of information on baptisms, marriages, and burials, providing a glimpse into the familial bonds and religious affiliations of female ancestors. Legal documents such as wills, property records, and court proceedings also shed light on the legal status and inheritance rights of women, offering valuable clues for genealogical research.

Collaborative Efforts:

Collaborating with genealogical societies, national and local archives can greatly enhance the research process by tapping into collective knowledge and resources. Genealogical societies often maintain extensive databases, research guides, and networking opportunities, providing invaluable support for individuals tracing their family history. Local archives house a treasure trove of historical records, including census data, land deeds, and probate records, which can offer crucial insights into the lives of female ancestors. By leveraging these collaborative efforts, researchers can overcome obstacles and unearth hidden stories waiting to be discovered.

Celebrating Diversity:

Researching female ancestors allows for the celebration of diversity within family histories, highlighting the myriad experiences and identities that shape our collective heritage. By embracing the stories of women from diverse backgrounds, cultures, and time periods, we acknowledge the richness of human experience and affirm the interconnectedness of past and present. Through inclusivity and intersectionality, we honor the complexity of familial narratives and recognize the contributions of women from all walks of life.

Conclusion:

In conclusion, researching female ancestors is essential for preserving legacies, empowering narratives, and celebrating diversity within family histories. Despite the challenges posed by surname changes and historical silences, innovative research strategies and collaborative efforts can overcome these obstacles, ensuring that the voices of women are heard and their stories are remembered. By delving into the lives of female ancestors, we enrich our understanding of the past, honour their contributions, and pave the way for future generations to connect with their heritage.

© Johann H Claassen 2024

Die Sielkopers en -Verkopers van Amsterdam  – Op die spoor van Stamvader CLAASSEN

Die zeel het later in die algemene omgang verander na ziel.

Soos almal maar, soek ons na dáárdie gedeeltes waar die stamvader van die familie gebore is, skoolgegaan het, ensovoorts. En dan ook waar hy aan boord die skip gegaan het om hom te begewe op die lang reis na die suidpunt van Afrika. Hoe het hy daar gekom, wat het hy gemaak voordat die skip vertrek het en waar het hy gebly? Wat my stamvader betref, het ek reeds breedvoerig en in die algemeen aangeteken en beskryf hoe hy uiteindelik by die VOC aangesluit het en wat die prosedure was ná hy aangesluit het totdat sy skip, die Blijenburg, vertrek het vanaf Texel. Ek wil nie dit hier herhaal nie. Ek het ’n dag voor hierdie skrywe vasgestel waar  en by wie hy gebly het voordat sy skip vertrek het na die Kaap.

Die debietkant van Clausz Clauszen se rekening by die VOC. Catrina se handtekening word aangedui

Ek het redelik baie nuwe inligting oor Clausz CLAUSZEN bymekaargemaak oor die jare, maar het betreklik min met sy rekening by die VOC geworstel. Ek het my altyd self belowe dat ek dit vir laaste sal hou. In 2017 het ek die soveelste poging aangewend, maar dit weer eenkant toe geskuif.  Tot nou.

Wanneer ’n rekruut ’n aanstelling by die VOC gekry het, het hy ’n voorskot van twee maande van sy maandgeld as ‘handgeld’ uitbetaal gekry. Daarvan moes hy dan lewe totdat sy skip gereed is om te vertrek. Hy het ook ’n ‘transportbrief’ of skuldbrief ten bedrae van 150 gulden onderteken en ook ’n skeepskis ontvang. In hierdie stadium kon hy ook ’n sogenaamde ‘maandcedel’ onderteken waarmee hy dan toestemming gee dat ’n deel van sy maandelikse loon solank hy in diens is van die VOC en terwyl hy nog lewe aan sy naasbestaandes in Nederland uitbetaal word. Sodoende kon gesinne van getroudes onderhou word tot tyd en wyl hy terugkeer na verstryking van sy kontrak of totdat die gesin by hom kon aansluit in sy nuwe vaderland. Daar was inderdaad gevalle wat nie hierdie ‘handgeld’ en skuldbriewe nodig gehad het nie, maar hulle was in die absolute minderheid.

Jacob, kind van Catrina Hoetmaar en Isaac Smit, se doop

In hierdie stadium van die aanstellingsproses het die volkhouer of ‘zielverkoper’ na vore getree en vergoeding gevra vir die losies en kos wat hy/sy tot in daardie stadium aan die rekruut verskaf het. Die ‘ziel’ het natuurlik niks te doen met iemand se siel nie, maar met die seël(zeel)/skuldbrief/transportbrief van die nuwe werknemer van die Kompanjie. Die zeel het later in die algemene omgang verander na ziel.

In Duitsland het hierdie sielverkopers bekend gestaan as Menschenfanger en Menschen-Verderber. Die ‘handgeld’ is dus aan die volkhouer oorhandig  en die transportbrief is ook aan hom/haar uitgemaak. Hierdie bedrag (gewoonlik 150 guldens) word dan vir die duur van die rekruut se dienskontrak in paaiemente aan die volkhouer oorbetaal in Nederland. Sou die betrokke werknemer dan gedurende sy dienstermyn tot sterwe kom, verval die hele transaksie en die volkhouer sit met ’n verlies. Om dit te voorkom het die volkhouer in die meeste gevalle die transportbrief teen ’n verminderde bedrag (80 of 90 gulden) verkoop (sielverkoper) aan persone wat in hierdie bedryf was, ook genoem die sielkoper. Hulle was gewoonlik ryk kapitaliste wat duisende van hierdie transportbriewe besit het en maandeliks die paaiemente ontvang het. Die verskil tussen dit wat hulle betaal het vir die transportbrief en die 150 gulden wat hulle dan uiteindelik gaan ontvang, was dan hulle wins.

Jan Hoetmaar, pa van Catrina se naam in die Begraafplaasregister

Met hierdie inligting kon ek nou begin om sin te maak uit die inhoud van die rekening. Ek kon sien uit die oënskynlike deurmekaar rekening dat hy in 1722 en 1723, toe reeds 3 jaar aan die Kaap, geld terugbetaal het aan ene Catrina HOETMAAR. Dit het wel ’n tydjie geneem om die van reg te kry, maar vroulief het gehelp en ek kon toe met meer selfvertroue na haar – dis nou na Catrina – begin soek. Sy gagie (maandgeld) was 9 gulden. Hy ontvang 18 gulden (2 maande se gagie) as ‘handgeld’ asook 150 gulden by wyse van skuldbrief/transportbrief. Laasgenoemde  word aan ene Pieter CLAASSEN oorhandig. Pieter was dus die volkhouer, die sielverkoper. Op sy beurt verkoop hy die transportbrief aan Catrina Hoetmaar, ’n sielkoper en ’n kapitalis. Pieter CLAASSEN was dus die persoon by wie Clausz in Amsterdam gewoon het, maar wie hy was, is nie duidelik nie. Clausz het wel ’n broer met die naam van Pieter gehad, maar volgens die inligting van hom, sy vrou, hul plek van huwelik en die plek waar hul kinders gedoop is, dui dit daarop dat hy nooit Delve verlaat het nie. Dalk was dit ’n Nederlandse familielid, maar dis moeilik want daar is ’n  horde Claassens met die naam van Pieter in Amsterdam wat maklik kan inpas in die tydgleuf wat Clausz in Amsterdam vertoef het.

Catrina Hoetmaar se naam in die Begraafplaasregister

Maar dit was eintlik Catrina Hoetmaar wat my aandag getrek het. Wie was sy? Dit was vroeg duidelik dat daar nog nooit iemand met so ’n van in hierdie land gewoon het nie. Die volgend plek om te soek, was my eie rekenaar. Dáár sien ek toe dat ek ’n doopinskrywing van ene Jacobus HOETMAAR ronddra. Sy ma is Catrina HOETMAAR en sy pa, Ijsack Smit. Dié doop het ek reeds in 2017 gevind, maar kon dit nie meer onthou nie, want ek werk 99% van die tyd met ander mense se geskiedenis. Hoe dit ook al sy, ek besluit toe ek gaan maar in Nederland rondkrap, miskien kom daar iets van. Ek kry wéér  hierdie doop in die Oude Lutherse Kerk van Amsterdam ‘Aan het Spui’. ’n Kerk waarin dienste steeds op Sondae gehou word, maar waarvan die bygeboue deur die Universiteit van Amsterdam gebruik word en nog ’n gedeelte vir ’n biblioteek. Die kerk-gedeelte spog met ’n pragtige interieur en ’n indrukwekkende orrel wat in 1886 in gebruik geneem is. Die kerk self, is in 1633 in gebruik geneem. Synde ’n Duitser, sou Clausz dalk ook hier ’n diens of twee bygewoon het terwyl hy op sy skip gewag het. Clausz, gedoop in die Lutherse kerk in Delve, Duitsland was juis een van die Duitsers wat, na hy vryburger geword het, hom aktief beywer het vir  die oprigting van ’n Lutherse kerk aan die Kaap.

Catrina Hoetmaar en Isaac Smit in die ‘Ondertrouw’ register. Catrina se handtekening word aangedui

Maar terug na die HOETMAAR-dame. Met die doop van hul kind Jacobus, verkry ek nou die naam van die vader, soos hierbo genoem en daarmee kan ek nou die strate invaar – by wyse van spreke. Ek vind nog ’n doop, maar dit help my nie veel nie. Ek is geduldig en ek soek verder. Ek vind Catrina se begrafnis inskrywing. Sy is op 12.4.1735 begrawe in Amsterdam en haar adres word aangegee as Achtergracht. Gelukkig verskyn haar man se naam ook by die inskrywing.

Cleveniers Brug Wal, Amsterdam

’n Verdere soektog bring my uit by die sterfte van Jan HOETMAAR wat op 19.12.1721 – ’n jaar nadat Clausz in Amsterdam was – begrawe word. Die adres van Jan word aangedui as Jan HOETMAAR behoud vader van Isaak Smit, op ‘de Kolveniers brug wal tusschen de Barne steeg en Kol Straat’. As mens na die kaart van Amsterdam van  1735 gaan kyk dan sien jy dat die Brug Wal eintlik Cleveniers heet en dat dit (heeltemal reg ook) tussen Kolstraat en Barnde steeg moet wees. In ’n  ou publikasie van middel 1800 en wat handel met Amsterdamse inwoners en hul huise van Warmoesstraat, lees ek van Jan HOETMAAR wat in ‘Het oudste eigendomsbewijs dateerde echter van 11 Januari 1684, op welke datum David Kops en Anna Abrahamsdr Bus, echtlieden, het huis de Kraeck voor schepenen opdroegen voor ⅔  Jan HOETMAAR en voor ⅓ aan Albert Hendriksz’, vermeld word. Verder, ‘Reeds den 18 Maart 1683 stond het op naam van Cops, die het in ’t zelfde jaar ondershands schijnt te hebben verkocht aan Jan HOETMAAR (deze betaalde althans 17 Nov. 1683 de verponding),…’ Die perseel wat ter sprake is, is nr. 110  Warmoesstraat in Amsterdam.

Warmoes Gracht, Amsterdam

Sonder om dié storie veel ondraaglik langer te maak, het die ‘Ondertrouw’ register van Amsterdam die finale bevestiging gebring dat dié  Catrina HOETMAAR aan wie my stamvader geld geskuld het via Pieter Claassen, dieselfde Catrina is wat saam met haar man die kindertjies laat doop het in die ou Lutherse kerk, wat in 1735 oorlede is en wie se pa in 1721 oorlede is. Haar handtekening op my stamvader se VOC-rekening en dié in die Ondertrouw register is sonder enige twyfel die handtekening van een en dieselfde persoon. As ek dus aanvaar dat Catrina in 1720 in dieselfde huis gewoon het as met haar afsterwe, sou dít  dan Achtergracht wees.

Warmoesstraat 110, Amsterdam

Die oorspronklike Achtergracht is omstreeks 1660 aangelê, maar in 1870 verkort (gedempt) en vorm nou deel van Falckstraat.

Achtergracht, Amsterdam. In 1710 deur Pieter Schenk geteken

Bronne:

Amsterdam Stadsarchief  

Nationaal Archief, Nederland

Schoeman, Karel, ’n  Duitser aan die Kaap 1724-1765. 2004

CLAASSEN, JH, Ongepubliseerde Claassen familie navorsing

© 2021 JH CLAASSEN

Twee Plaasmoeders

handdrukjes en afskeidszoentjies van die vrolyke jeugd

In my familie is daar  ’n paar formidabele vroue en het ek  hulle sovêr moontlik uitgelig in my navorsing. Hierdie twee wil ek graag in hierdie stadium voorstel want hulle is van die vroegste geslagte van my familie – toe omstandighede nog moeilik was en daar nie allerhande hulpmiddels was soos wat dit vandag vir die moderne vrou beskikbaar is nie.

Die ligging van Modderrivier

Die een is Maria Magdalena CLAASSEN, dogter van stamvader Clausz CLAASSEN (Clauszen) wat in 1720 hier aangekom het vanaf Delve, Duitsland. Maria (my 5 x groottante) is op 27.9.1744 in Kaapstad gedoop. In daardie stadium het die gesin op Hemelrood gewoon, ’n plaas wat in 1735 aan Clausz toegeken is. Die dorp Herbertsdale is baie jare later op ’n gedeelte van die plaas aangelê.

Op 7.4.1760 trou Maria met Dirk UWE(N)S. Dirk kom in  1752 hier as soldaat van Xanten, Duitsland. Later (1760) word hy boerkneg by Clausz, sy latere skoonvader. Op 27.11.1760 leen hy die plaas Buffelsfontein wat tot en met die dood van Clausz, onder laasgenoemde se beheer was. Met die geboorte van hul eerste kind, word hy die stamvader van die Uwe(n)s familie in Suid-Afrika en Maria die stammoeder. Vanaf 1778 tot 1783 het hulle op Jan de Buys Craal ‘over de Gourits Rivier boven ’t Nauwe Gat’ gewoon. Dirk en Maria sou hulle later bevind op die plaas, Modderfontein aan die Keeromrivier. Die dorp, Blanco is later op ’n gedeelte van die plaas aangelê. Blanco is in 1847 aangelê as ’n bouerskamp. Aanvanklik was dit bekend as White’s Villa, vernoem na Henry Fancourt White, ’n ingenieur wat verbonde was aan die span wat die Montagu pas gebou het tussen 1844-1847. Die naam was toe later verander na Blanco, wat ’n naamspeling was op die naam, White. In 1913 skryf die bekende Pauline Smith van Oudtshoorn oor Blanco:  ‘Great masses of wisteria, white and lavender, were full in bloom. Heaps of violets , some lovely roses. The lakes were very full, and the bridges across the islands much beaten about by the storm. The blackwoods were very fine…’

Gonnakraal

Dirk sterf in 1803 en laat sy weduwee alleen agter op die plaas.

Op 18.4.1803 besoek kapt. WBE Paravicini di Capelli, onder andere die plaas van die weduwee. Hy skryf in sy joernaal, Reize in de Binnenlanden van Zuid-Africa, die volgende:’… Wy bezochten de plaats van de weduwe Uwes welke voor een der beste hoeven van dit district word gehouden, dog zedert het afsterven van de Leenheer schynd deeze plaats in eene minder bloeyende staat te zyn.’ Hy wys daarop dat dit een van die beste plase van die distrik was, maar sedert Maria se man se afsterwe het dit agteruitgegaan. Sy kon egter nie te sleg daaraan toe gewees het nie, want sy leen geld uit aan verskeie mense, onder andere aan Johanna Pienaar, vrou van Jacobus Barnard. Met Johanna se dood skuld sy vir Maria 450.00 riksdaalders. Met die dood van Jan Lauwrens in 1803 skuld hy vir Maria 19 riksdaalders en 16 riksdaalders, onderskeidelik vir maalgeld (dalk vir die maal van koring of iets soortgelyk) en ’n skuldbrief. Dirk en Maria het drie kinders gehad, ’n seun en twee dogters. Geen ander inligting is oor haar bekend nie. Maria sterf op 7.8.1831.

Rheeboksfontein

Dirk en Maria se plaas, Modderrivier, was later besit deur die Lamprecht familie. Maar voor Dirk dit besit het, het dit behoort aan Pieter Terblanche en Petronella Stevens. Pieter en Petronella het natuurlik ook ander plase besit, onder andere Rheeboksfontein. Ná Pieter se dood het goewerneur Janssens en die einste kapt. Paravicini di Capelli eendag Rheeboksfontein besoek waar die weduwee skuiling gebied het aan hoofsaaklik vrouens en kinders wat vanaf die Oosgrens gevlug het. Daardie aand het die goewerneur en die kaptein goed gebruik gemaak van Petronella se gasvryheid toe daar deurnag gedans en partytjie gehou is! Die vlugtelinge het skoon van hul teëspoed vergeet en die kaptein skryf in sy joernaal dat van die meisies ‘waren die er tamelyk wel uitzagen maakte’. Iemand het ’n ou viool gehad en daarmee musiek gemaak totdat hy moeg was, maar hy is omgekoop om langer te speel. Die geselskap het só lekker gekuier dat hulle nóg 24 uur wou bly en die aand se gebeure wou herhaal, maar die goewerneur het gesê dat hulle moet vort. Ná baie ‘handdrukjes en afskeidszoentjies van die vrolyke jeugd’, is hulle daar weg. Petronella se kwaliteite as voorslag gasvrou het ook die aandag getrek van Kommissaris de Mist en sy dogter, ander amptenare en besoekende reisigers van oorsee. Hulle was beïndruk deur die plaas se netheid, die gehalte van die vee en met die kos wat Petronella voorgesit het. Soms was die geselskappe tot 40 persone in grootte. Daar moes dus na hulle en hul reisdiere omgesien word.

Gemerkte eetgerei van Johanna Isabella Claassen

Pieter en Petronella Terblanche se kleinseun, ook Pieter, was getroud met Johanna Isabella CLAASSEN (my niggie 5 x verwyder), kleindogter van stamvader CLAASSEN en broerskind van Maria Magdalena. Pieter (1783-1855) en Johanna (ca. 1792-1877) was ’n goeie span en hulle het vooruitstrewend geboer. Eers hulle twee en later, sy alleen.

Tweede huis op Rheeboksfontein

Johanna was ‘n formidabele vrou wat gesag afgedwing het. Daar word vertel dat sy net  so hard soos haar man kon werk en het hom bedags in sy wa-en-meubelvervaardigingsaak gehelp. Sy was boonop ‘n sakevrou uit eie reg. Sy het aalwyn-ekstrak, botter en meubels al die pad van Groot-Brakrivier se wêreld Kaapstad toe geneem en daar gaan verkoop en met baie geld huis toe gekom. Hulle was baie vermoënd en het heelwat plase (Gonnakraal, Moordkuil, Grootvlakte, Erfpachtland nr. 7, Hartebeeskraal) besit en so ook haar ouers wat omtrent al die grond tussen Mosselbaai en Herbertsdale (Outeniquasdrift, Rooihoogte, Hemelrood…) besit het. Mettertyd het sy die bynaam van Hetta Agent gekry.

Kleinvlei (Moordkuil)

Volgens oorlewering het Pieter een aand baie moeg en moedeloos van die veld by die huis aangekom. Hy en sy werkers het skynbaar vreeslik gesukkel om ’n groot geelhout boomstomp uit ’n kloof te kry. Johanna het sonder om verder te luister, sy perd gegryp, die werkers en stokflou diere gemaak omdraai en vertrek na die kloof. Laataand het sy teruggekeer … met die stomp!

Sterfkennis van Johanna Isabella Terblanche née Claassen

Die egpaar het 10 kinders gehad. Hulle lê in een graf begrawe op die plaas Gonnakraal.

Pieter en Johanna Isabella se graf op Gonnakraal

Bronne:

Terblanche, PS, Terblanche-land, 2006 (sketse ook uit hierdie boek)

Fransen, Hans, The Old Buildings of the Cape, 2004

Claassen, JH, Ongepubliseerde navorsing oor die Claassen familie

Wes-Kaapse Argief- en Rekorddiens

Shell, Robert C-H, Changing Hands. 2007

© 2021 Johann H Claassen

Die Stormagtige geboorte te Bellevue

Dit was skynbaar Dawid se vader wat na die posmeester se huis gehardloop het om hom te vra om ’n plan te maak.

Dis nie dat die verwagtende vroue van vandag dit maklik het voor, tydens en na hul bevalling nie, maar in 1932 was dit ’n totaal ander saak. Nog vêrder terug in die geskiedenis was dit natuurlik in die meeste gevalle ’n nagmerrie maar in 1932 was daar ook die nuwe tegnologie waarmee rekening gehou moes word en dit kon nogal hoofbrekens besorg aan almal wat betrokke was by die bevalling.

Dawid Edward Hugo NAUDE het op 10 Februarie 1932 vroegaand al aangedui dat hy gereed is om die werklike lewe te ontmoet. Maar nie almal en alles daarbuite in Franschhoek was al gereed vir hom nie. Dit was ’n stormagtige Bolandse weer met gepaardgaande donders en bliksems wat veroorsaak het dat die telefoonlyne tussen Franschhoek en die Paarl afgeruk is. Daar moes dringend met die dokter in die Paarl kontak gemaak word en die telefoon was die enigste kommunikasiemiddel vir die gewone burger. Óf Dawid se verwagtende moeder, Jacoba Hofmeyer DU TOIT óf sy vader, Pierre Olivier Hugo NAUDÉ , het teenwoordigheid van gees behou en dadelik besluit dat die posmeester die enigste een is wat hierdie noodsituasie sou kon oplos.

Dit was skynbaar Dawid se vader wat na die posmeester se huis gehardloop het om hom te vra om ’n plan te maak. Die posmeester, ene Thomas William DE SMIDT, was in daardie stadium besig om homself te skeer, maar met die aanhoor van die probleem, het hy dit dadelik gelos en hom gehaas na die poskantoor. Inderhaas het hy die oproep met ’n ompad herlei na die Paarl.

Dr. Frans P BESTER wat seker gewoond was daaraan om enige tyd van die dag of nag en in enige weerstoestande hierdie soort van oproepe te ontvang, het dadelik vir verpleegster L ROSENSTRAUCH opkommandeer en saam is die twee toe daar weg oppad na Bellevue, die huis van die verwagtende ouers. Hulle sou eers meer as ’n uur later daar opdaag. Intussen het die bure van die NAUDÉs , die CILLIERS van Windsor House, vir Jacoba geselskap gehou en ondersteun. Dit was veral mev. CILLIERS wie se hartlikheid lank daarna deur Jacoba nog onthou was.

Dit was egter eers om 2:30 die volgende oggend dat die NAUDEs se eerste seun die lewenslig aanskou het en sy “…maiden song to mankind echoed and re-echoed through the long silent halls of Bellevue.”  So skryf sy moeder kort na sy geboorte in ’n kort opstel met die titel “Our Son.” 

In hierdie kort geskrif van haar, verskaf Jacoba baie inligting van die mense rondom haar, maar slegs van die mense buite die huis. Haar eersgeborene se naam word nie genoem nie, ook nie die van haar man of haarself nie. Gelukkig meld sy die familienaam toe sy skryf: “With what anxiety did your grandma Naudé and dad wait for that song and what joy filled our hearts…” En vêrderaan  maak sy die deur se skrefie vêrder oop  as sy sê: “…little bundle who was responsible for all the stir of anxiety and joy, the first Naudé had been born at Bellevue…”

Gewapen met die familienaam en die geboortedatum, deursoek ek die NAUDÉ genealogie in Volume N van GISA se Suid-Afrikaanse families en ek spoor een op wat in 1932 in Franschhoek gebore is. Maar slegs die jaartal word verskaf. Ek stel vas dat Bellevue deesdae The Garden House heet. Die eienaar van hierdie pragtige gastehuis verras my met ’n nota wat sy besit waarop geskryf is dat NAUDÉs  in ’n stadium eienaars van die huis was.  Daarna wend ek my tot mev. Juna Malherbe van die Hugenote  Vereniging. Sy bevestig die adres van die huis en sy deel my mee dat ene David Francois NAUDÉ omstreeks 1881 verantwoordelik was vir die oprigting van die huis op erf 55 in De Wet straat.

Vervolgens stel Juna met behulp van die NAUDÉ genealogie  vas dat hierdie David Francois Naudé ’n kleinseun gehad het met die naam van David Edward Hugo Naudé en hy is gebore op dieselfde dag as die een wat die nuwe moeder so pragtig besing het in haar opstel. Op dieselfde wyse kon sy dus ook vasstel wie die ouers van die eersgeborene was. ’n Vêrdere interessantheid is die feit dat Pieter Hugo NAUDÉ,  die wêreldbekende skilder kunstenaar, ’n halfbroer is van David Edward Hugo NAUDÉ se vader, Pierre Olivier Hugo NAUDÉ.

David Edward se moeder  is die dogter van Hendrik Petrus Büchner DU TOIT en Francina Aletta VAN DER SPUY. David Edward Hugo Naudé trou later met Patricia Ann POOLE en hulle het drie kinders , naamlik Christopher Frederick, André David  en Pierre Harvey. André David sterf in 1980 in die Angola-Bosoorlog.

Die ander rolspelers op hierdie stormagtige nag was die CILLIERS gesin, die verpleegster wat die dokter bygestaan het, verpleegster L ROSENSTRAUCH en dan dr. Frank P BESTER.

Mariana OLIVIER wat navorsing oor die CILLIERS familie doen, is heel waarskynlik reg as sy aandui dat die “Mr. and Mrs. JD CILLIERS” wat Jacoba in haar skrywe meld dalk dieselfde mense is as Jacob Daniel CILLIERS*1892  en Eadie Violet FULLER wat in Franschhoek getroud is en kinderloos was. Hulle was dalk net so opgewonde oor die nuwe aankomeling soos Jacoba en die res van die NAUDÉ  juis omdat hulle kinderloos was en dalk elke nuwe baba in die straat se koms met ewe groot opgewondenheid afgewag het saam met die ouers.

In die 1931 kieserslys van die Paarl kon ek ’n paar manspersone opspoor met die van ROSENSTRAUCH, almal grofsmede of wamakers, asook  getroude vroue met  dieselfde van.  Onder die vroue met die nooiensvan van ROSENSTRAUCH, kon ek slegs een opspoor en sy was ene Louise Henrietta. Haar beroep word aangedui as ‘huiswerk’ maar  sy kon moontlik ook as vroedvrou opgetree het in die gemeenskap.

   Dr. Frans P. Bester by sy motor in 1914 (Foto: Drakenstein Heemkring)

                                                               

Dokter Frank (Frans) Petrus BESTER , wonende in daardie stadium in die Hoof straat van  Paarl is gebore te Oostenwal, Langebaan op 21.8.1875 as die tweede oudste kind van Andries Jacobus BESTER en Johanna Alida MOCKE. Hy gaan aanvanklik skool in die sendingskool vir bruin mense te Paternoster  en later te Panorama, F.D. Changuion skool, Langebaan. Op 13 jarige ouderdom sit hy sy skoolopvoeding voort te Stellenbosch Gimnasium. Na hy die intermediêre BA eksamens aan die Victoria Kollege afgelê het, vertrek hy na die universiteit van Edinburgh, Skotland  waar hy in 1898 die grade M.B. Ch.B verwerf.  Nadat hy ’n jaar se praktiese ervaring as mediese dokter opgedoen het aan verskeie hospitale in Birmingham en Dublin, keer hy terug na Suid-Afrika en open ’n praktyk in Porterville. Hy word ook aangewys as ’n addisionele dokter te Piketberg.

Tydens die uitbreek van die Anglo Boereoorlog skaar hy hom aan die kant van die Britse magte, onder andere as inligtingsoffisier en kommandant van die dorpswag. Hierdie optrede van hom sou die vinnige agteruitgang van sy praktyk beteken en hoewel dit later weer beter sou gaan, vestig hy hom in die Paarl 1911 waar hy die mediese beampte van die Spoorweë word en later in 1912 aangestel word as die distriksgeneesheer van die Paarl  en mediese beampte van die La Motte bosbou nedersetting in 1914.

In latere jare tot en met sy aftrede in 1951 was hy in verskillende hoedanighede  betrokke by die mediese beroep organisasies. Hy was ook ’n ywerige korrespondent in die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif waarin hy soos volg skryf:

To the Editor: I have been worried over the Editorial of 2 July where to my mind most unjustified attacks were made against the S.A. Medical and Dental  Council, and I hasten to agree and endorse every word written by my old colleague, DL H. A. Moffat, and published  under correspondence in the Journal of 20 August. During the five years that I served as a member of the S.A. Medical and Dental Council, I was practically the only man representing the Country  and General Practitioners, and I was always conscious of the very definite and impartial attitude taken up by the members in all the complaints that came before us. We were, as the Council is now, guided in our findings by an eminent K.C., and never was there any spirit of victimization of the accused. There can be no doubt that criticisms, as published in the Editorial of the Journal of 2 July, are derogatory to the standing of the Council, and can only be of irreparable damage to the profession as a whole.

Frank P Bester, P.O. Box 206 Paarl, 24 August 1949

Bronne:

Beyers, C.J. et al., Dictionary of South African Biography, Volume V, Human Research Council, Pretoria, 1887.

Drakenstein Heemkring

GISA, Suid-Afrikaanse Families, Volume N, Stellenbosch, 2011.

GISA, Suid-Afrikaanse families, Volume T, Stellenbosch, 2011.

Kieserslys vir Paarl, Staatsdrukker, 1931.

Malherbe, Juna, Hugenote Museum, Franschhoek.

Olivier, Mariana, CILLIERS navorsing

SA Medical Journal, 17.9.1949

© 2021 Johann H Claassen

Ons eie klein Helen Keller

Elizabeth du Preez

Dis asof iets haar gejaag het. Van kleins af. Asof sy geweet het sy gaan nie lank hier rond wees nie. In ’n baie kort kinder-lewetjie het sy baie meer agtergelaat as die meeste grootmense aan die einde van hulle lewens.

Ek ontdek nou onlangs ’n vreeslik verwaarloosde ou plakboek in ’n kartondoos by die Drakenstein Heemkring. Een sonnige oggend – waarvan daar maar min was die afgelope tyd – sit en blaai ek deur die boek en lees al hierdie wonderlike stories wat iemand in sy of haar vrye tyd bymekaargemaak en in die plakboek aangebring het. Daar is genoeg stof daarin waarmee ek nog ’n hele paar stories met verdere navorsing kan neerpen, maar hierdie een van Elizabeth was my gunsteling sedert die eerste deurblaai van die boek. Die berig oor haar het gedurende 1952 in die Cape Times verskyn. Ek krap ’n bietjie vêrder op die Internet en ’n genealogiese register of twee. ’n Storie begin ontvou…

Ek stel vas dat Anchen Albertyn van Porterville die boekie, Elizabeth Sings, gepubliseer in 1957, in haar besit het en ek maak haar ’n aanbod wat sy gelukkig (vir my) aanvaar.

Elizabeth Suzanne du Preez word op 16 November 1939 gebore as ’n normale en gesonde babadogter vir haar ouers, Jacob Johannes du Preez(22.7.1893-1987) en Elizabeth Isabel Blake (29.10.1902-24.7.1976). Jacob was stigter-skoolhoof van die destydse Hoërskool JJ du Preez in Parow. ’n Week voor haar eerste verjaardag kry sy ’n aanval van poliomiëlitis en dit was nie voor haar tweede verjaardag dat sy weer kon leer loop nie. Teen haar derde jaar was sy volkome herstel, vol lewe en met ’n brein wat net wou inneem.

DSCF1069

In haar eie handskrif – The Wonderful Healer

Voor haar vyfde verjaardag word sy opgeneem in die Sunnyway Kleuterskool in Rosebank en kort voor lank besef almal na aan haar dat sy nie jou gewone kleuter is nie. Dis hier waar die grondslag gelê word vir wat later haar geestelike ontvlugting uit ’n klanklose en byna donker wêreld sou word. Na veertien maande se blootstelling aan die eindelose wêreld van boeke en insameling van kennis, raak sy weer ernstig siek met breinvliesontsteking maar hierdie keer sou sy nie weer herstel nie. Sy raak verlam, feitlik geheel en al doof en só swaksiende dat sy slegs in ’n geringe mate kan lees as sy die boek teenaan haar gesig hou. Sy is byna voltyds bedlêend maar haar brein bly wakker, soekend en vraend. Haar gees ignoreer haar gebreke, niemand kan haar regtig help nie en niemand kan haar deur haar klank beperkings bereik nie. Slegs sy en net sy alleen kan daardeur breek.

Op ’n dag ontdek sy haar pa se stel van 10 Arthur Mee Kinderensiklopedie en binne een jaar het sy deur al die volumes gewerk. Op sesjarige ouderdom word sy met ’n rolstoel op ’n eksperimentele basis na die Mowbray Laerskool geneem waar sy as die mees gestremde leerling saam met ander gehoorgestremdes onderrig ontvang het. Die lees van sprekers se lippe was vir die ander gehoorgestremdes nie ’n groot probleem nie maar vir haar wat skaars kon sien, was dit ’n enorme probleem. Onderwysers en leerlinge moes tot feitlik teen haar beweeg sodat sy hulle lippe kon lees.

Sy het onderrig in gewone vakke ontvang en take was binne ’n ongelooflike rekordtyd voltooi sodat sy meer tyd in die biblioteek kon deurbring. Ook wanneer sy te moeg was om onderrig te ontvang, was sy toegelaat om na die biblioteek te gaan waar sy boeke van haar keuse gelees het. Na slegs ’n paar maande in die skool en lank voor haar sewende verjaardag, verskyn daar ’n nota in haar rekords wat lui: “Elizabeth het vandag Canterbury Tales gelees.” Intussen leer sy haarself om weer te loop en hoewel met groot moeite, breek die dag aan wanneer die onderwyser ’n aantekening maak dat sy oor ’n sekere afstand sonder enige hulp kon loop! Sy sou egter nooit weer haar kragte ten volle herwin nie. Sy sou menige dae afwesig wees van die skool omdat sy eenvoudig te swak was om op te staan.

Kort na haar sewende verjaardag het sy een dag aan haar pa genoem dat sy graag eendag ’n boek wil skryf. Hy het ’n grap met haar gemaak maar tog vir haar ’n dik oefening boek gekoop en daarvan vergeet. ’n Week later het sy die boek aan hom oorhandig – met ’n volledige indeks en agt hoofstukke. En sonder ’n enkele taal- of punktuasiefout! Self ’n taalkundige, het haar pa die boek vir die matriek leerlinge gegee om dit deur te gaan vir foute. Hulle kon geen foute vind nie. Tóé eers het hy besef dat Elizabeth besonder begaafd is.

Elizabeth du Preez se boek

In Mei 1950 word haar eerste literêre pogings op die Squirrel Club bladsy van die Cape Times gepubliseer. Sy leer haarself om ’n tikmasjien te gebruik en tik met een vinger. Sy sou byvoorbeeld die hele storie of gedig volledig in haar kop uitwerk tot by die laaste punt en dan sou sy sit en die hele artikel of gedig uittik op die tikmasjien sonder om ’n woord te verander. Gewoonlik sou sy op en af of in sirkels loop terwyl sy haar kreatiewe denke vrye teuels gee.

Vanaf 1949 is sy ’n student aan die Skool vir Dowes (nou die Nasionale Instituut vir Dowes) op Worcester en het sy naweke en vakansies met die trein tussen Worcester en Kaapstad gependel. Al haar briewe aan haar moeder was vol vreugde en humor. Fyn gespot met haarself maar ook nie geskroom om te spog met haar prestasies nie.

Haar ouers het altyd geweet wanneer daar ’n nuwe gedig of artikel in haar kop broei. Sy sou dan so ’n ‘vêraf kyk’ in haar oë hê en sulke tye kon hulle ook niks met haar uitrig nie. In ’n brief aan haar ma waarsku sy haar pa dat sy besig is om aan ’n storie te werk en dat dit ’n lang storie gaan wees – ten minste ses bladsye, waarsku sy.

Vroeg in Mei 1953 skryf sy haar laaste brief. Aan ene Aunt Sally. Sy skryf oor haar kat, Nicholas. Ook oor ’n perd en die talle boeke oor perde wat sy die afgelope tyd gekoop het. En oor haar probleem. Sy weet nie wat om vir haar broer met sy verjaardag te koop nie. Sy dink daaraan om ’n veeldoelige mes vir hom te koop maar dit sou beteken dat sy haar weeklikse toelae van een sjieling en ses pennies, daarvoor sou moes opdok. Sy was seker nog besig om met hierdie probleem te worstel toe sy op 17 Mei begin siek voel en haar laaste aanval van breinvliesontsteking kry gevolg deur ’n griepvirus en uiteindelike longontsteking. Elizabeth sterf op 24 Mei 1953.

DU PREEZ Elizabeth Isabel nee Blake Maitland BP

Die graf van Elizabeth se moeder en die van haar pa se eerste vrou – Maitland begraafplaas. Foto: www.eggsa.org

Lank na haar oorlye, word getikte studie notas en kommentaar ontdek in vier netjiese lêers wat handel oor veertiende –eeuse gedigte. Terselfdertyd was sy ook besig om die vier boeke van Hendrik van Loon te bestudeer.

In ’n boek (hierbo genoem) wat in 1957 gepubliseer word, skryf die prinsipaal van die Skool vir Dowes, mnr. JL Badenhorst, ’n lang hartroerende en inspirerende brief waarin hy Elizabeth se kwaliteite volledig bespreek. Veral is hy baie dankbaar vir die feit dat Elizabeth deur middel van haar gedigte en skrywes dit moontlik gemaak het dat die opvoeders van gehoorgestremdes vir die eerste keer kon agterkom wat hulle(die gestremdes se) werklike behoeftes is in terme van opvoeding en geestelike gesondheid.

Die superintendent-generaal van die Kaaplandse Onderwys Departement, mnr. JG Meiring, laat ook ’n kort boodskap in die boek en vergelyk haar lewe met die van Mozart wat, ten spyte van sy gebrek, die suiwerste musiek denkbaar, gekomponeer het. Sy weer, met haar stories en gedigte.

Anders as die meeste van ons wat feitlik nooit ’n ‘perfekte dag’ beleef nie, want óf die selfoon het nie goeie ontvangs gehad nie óf een van ons ontwerpers naels het geknak, maak Elizabeth dit duidelik oor wat háár idee van ’n perfekte dag is.

Gedurende Desember 1952 dig sy soos volg:

SOLITUDE

My idea of a perfect day

Is not what others think,

My idea of a perfect day

Is a day by the river’s brink.

 

My idea of a perfect day

Is a day with sunshiny skies,

Skies that are almost as blue

As my long-dead Oupa’s eyes.

 

My idea of a perfect day

Is not what others think,

My idea of a perfect day

Is in sweet dreams to sink,

With the great blue sky above,

And to dream sweet dreams like a dove.

__________________________________________________________________

Bronne:

Tensy anders aangedui, is die foto’s geneem uit die boek, Elizabeth Sings.

The Cape Times ../../1952

Brink, J., Die Brink Familie van Suid-Afrika, 2004.

du Preez, Elizabeth, Elizabeth Sings, Maskew Miller, Cape Town, 1957.

www.eggsa.org (13.09.2013 besoek).

© Johann H Claassen 2013

Doing genealogy is not just a cold gathering of facts…

This morning I received this pleasant e-mail from a Mr. Ackerman from Sedgefield. It means so much to me.

Dear Johann

First of all, sorry that my correspondence is in English, but my written Afrikaans is not that good and do not have an Afrikaans spelcheck.

I would like to thank you most sincerely for all the trouble you went to, to trace the date of death for my maternal grandfather. I really appreciate.

What a lovely surprise it was to receive the information via Emmerentia.

The moment I saw that the cause of death was stomach cancer, I knew it was the right Johannes Albertus Geldenhuys. (So many with the same name.)

He worked as the gardener at Ratelrivier and my grandmother worked as a cook and domestic for the Fletchers.

When Mr. William (Bill) Fletcher passed away in 1915, Mrs. Fletcher asked my grandmother to dress and lay him out in the coffin.

When the Frys took over, she continued to work in the same capacity until 1939 when Mr. Alfred Stephen Fry died and most of the white families were forced to leave.

Grandfather is buried at Ratelrivier farm cemetery where the writing on the wooden board is now illegible.

I contacted Emmerentia and she was kind enough to have the grave opened and forwarded the photograph.

Funds permitting, I hope to place a small plaque on the grave to identify him because once I am gone, he will be totally forgotten.

Once again, thank you so much, I really appreciate what you have done for me.

Kind regards and stay well.

Adrian Ackerman

Sedgefield.

Graf van Johannes Albertus Geldenhuys (1857-1926) te Ratelrivier. Foto: Emmerentia de Kock.

Post Navigation